Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 01:01:54 AM
-
ABC Gedigstruktuur
(ABCEDARIAN)
Met die gedigstruktuur van Paul West,
moet die verse/woorde kronologies
volgens die alfabet ingespan word.
Dit kan in gewone versvorm geplaas
word met leestekens soos gebruiklik
toegepas.
My voorbeeld is in 2/1/2 versvorm
maar kan ook vertikaal geplaas word.
ABC Besoek aan die tandarts
"Aaaaa... " beveel Chris-tandman,
"daar's een flippen gat hier in jou kiestand!"
"Laat my nie onnodig pyn, Quicksilver-man."
Rukkie swerkater toetentaal uit vriendin,
waarsku X-straalvrou, Yolande Zeeman.
© Meraai vannie baai
-
Waar branders breek (ABC-Gedig)
Anders as wat
Branders breek
Chaos wat vir liefde smeek
Draai ek om...
Erens sal ek jou weer vind
Feite staan so
Gou het ek jou verloor
Hoop word dan weer gebou
Indien liefde seëvier
Jou weer naby hou
Kan ek weer asemhaal...
Lank kan ek na jou foto staar
Moeilik om te aanvaar
Na die gedig is jy (met my) vir altyd klaar;
Onder die maanlig se gesig
Probeer ek nog eenkeer, maar die
Quisling kom keer op keer
Rusteloos raak jy weer
Sal jy my nooit weer kan vergeef?
Tervergeefs probeer ek weer; die
Uitnodiging is te laat
Vaarwel het jy ons geroep
Weduwee het sy geword...
Xenofobie moet ons nou beveg
Yslike emosies om te verwerk
Zoete rus maak die res sterk
© Trapsoetjie
-
Dankie vir die voorbeelde Raaitjie. Iewers het ek ook 'n voorbeeld, weet net nie waar dit is nie. Sal maar gaan soek of 'n ander een skryf.
-
Ek het geloer by die woordeboek maar kon nie daar 'n voorbeeld van jou vind nie. Dalkies op die ou forum na ek weg is??
-
Dankie vir jou moeite matertjie. Die seine is weer vandag baie moedswillig en ek het al al die f-woorde gebruik wat ek ken, maar nie een van hulle bring verligting nie! :crybaby2:
Laasnag het ek soos 'n babatjie geslaap, was te laat vanoggend om saam met die baas werk toe te gaan. :icon_biggrin:
-
Ek het die gedig gebesig toe ons die struktuur in 2007/8 op Woes gedoen het: :toothy4:
Kyk, 'n Nuwe Aarde Kom Gou!
Almagtige Vader God, kyk tog na
Benede en sien U skepsels nood,
Crime oor 'n enkele dime...
Dwelms neem oor en kinders verkool.
Erfenisse van ons voorgeslagte se besluite is ontneem;
Fundamentele regstellings nog in aksie.
Gaan dit dan nooit eindig nie?
Hallelujas’ vergrys in hoekoms -
Is dit dan die voortbestaan van U skepsel?
Jare kom, jare gaan en
Krummel die nageslagte net meer...
Liefde word nou vervang - met ek wil - en ek sal, wat
Massas vermoor net omdat - ek kon en wou -
Nou kruip U skepsels binne hulself weg,
O Genade red ons van hierdie hel!
Pas U skepsels, werklik nog in hierdie spel?
Qaulity streets is 'n effense troos na 'n wrede dag,
Rus ken geen siel meer nie;
Saggies huil in die binnekamer, ja...
Treurig dat die volmaakte wêreld wat
U geskep het se einde, so moet kom.
Vrede...ontbreek die nasie,
Water en wind verweer die natuur,
Xenephopia verteer ons nasie...
Yskoue sondaar harte, het deel van die mens geword.
Zero te sien in U Vader Huis – kom haal ons gou!
© Ah,Willa!
-
Werklik 'n pragtige voorbeeld!!!!
-
Dankie Meester Meraai - ek waardeer! Ek is so geseen met meesters hier om my .. en ek is so opgewonde oor die groei wat tans plaas vind in my werk - ek wil net sit en skryf .... en die uitdaagings wat Meraai vir ons kom gee aanpak ;-)
-
...en dan gaan PM jou kastei met die spelling totdat jy dit regkry.
"ing" een klinker - uitdaging! Weet net ek doen dit met liefde!
-
Ek is so bly ek is nie 'n uitdaging wat jou moeg maak nie,
ek waardeur dit so dat jy my reg help PM ... dis mos al hoe 'n ou stadige brein kan herstel - deur te herhaal,
want in herhaling slaan ietsie iewers vas :angel12:
ek lief jou ongelooflik baie
ek waardeer die energie wat jy deel om my te help ...
so bevoorregte mens is ek inderdaad!!
-
Ag toe jou stoute kabouter! Dit is my voorreg om jou deel van my familie te hê!
Hannes vra net vanaand vir my of ek al iets van jou gehoor het en hoe dit met julle gaan! Duidelik het hy nie 'n benul van die forum nie! :icon_biggrin:
Ek sal hom nog leer, sodra ek krag het. :icon_biggrin:
Ons huis was in gaos na 40 dae en 40 nagte onbewoon en ek praat nie eers van ons oerwoud tuin nie!
Alles is darem amper onder beheer!
Ek het al alles skoon, moet nog net uitpak! :sign10:
-
Willa mater, dit is vir my altyd so verblydend om te sien hoe jy uitdaging na uitdaging verbete aanpak - tot jy tevrede is en die struktuur onder die knie gekry het. Soveel ander beloer die riglyne so en gee moed op nog voor hulle eers 'n A voor 'n B probeer inspan het :sign10: Jy is 'n wonderlike voorbeeld en aansporing vir ons almal.
Strukture is vir my die heel beste slypsteen om ons reeds pragtige taal uniek toe te pas vir woordskeppings met daardie 'tikkie' andersheid. Dit dwing ons om te soek na sinonieme wanneer die woord wat ons normaalweg sou gebruik, nie voldoen aan die lettergreeptelling en so baie ander woordbeitels word ook in die proses ingespan :read:
PM hoop by die tyd is jouse haard en huis na wense weer geplooi :love7: so bly dat julle veilig tuis is en weer heerlik saam met ons tussen die lyne kan kuier :notworthy:
-
Dankie Raaitjie, ons is darem amper daar, moet nog net uitpak. :bootyshake: Wie wil nou uitpak as jy kan kuier! :evil6:
-
Wie wil nou uitpak as jy kan aanry Kaap toe?
:icon_bigsmurf:
-
Alles moet darem eers behoorlik geskrop en skoon kom Naas.
Gister was jou boeke nog nie gereed nie, sal weer vandag probeer.
-
Vra van Naas en Trappies - ons het skrop goed die kant ook :bootyshake:
-
Dankie Meraai - julle is vir my werklik baie spesiaal en dis lekker om hier saam te kuier en te groei ...
sou dit nie wonderlik gewees het as die heel SuidAfrika nie wou saam kuier en groei nie (al is dit op eie talent gebied) ons sal so 'n beter mens wees, 'n beter land sodat ons Raaitjies ook kan terkom en JanDink en gesin nie die land verlaat terwille van hulle eie prinsie nie ...
-
Willa ek skryf groot AMEN op jou versugting. Sterkte met die toekomsbesluit oor die welvaart van julle prinsie. Ons verlang maar nog nie eendag teruggekyk en spyt gewees oor ons groot besluit nie. Met die internet kuier ek so heerlik oor en weer dat afstand nie meer 'n kwessie eers is nie :hello2:
-
Ausie het ook 'n opsie geword - maar nog 'n onseker een Meraai - daar is 'n company wat Andre head-hunt oor sy skils ...
NewZeeland, Duitsland en Ausie is op die horizon .. maar alles word in ons Vader se hande gelaat ...
-
Mater ek kon nergens 'n ABC gedig opspoor van jou nie sniksniksnik, maar ontdek toe weer hierdie bydrae wat vir ons ou woordskuur geskep is:
Emex: ABC op sy kop gedraai
Zanile,
ywerige
Xhosa
werker
verrig
uiteenlopende
take
sonder
rota.
Quodlibet ten spyt
probeer sy
onvermoeid
nog
meer
lawwe
kwinkslae en
jolyt in
hierdie
gespanne
familie bring
en
daaraanvolgend
chaos te
beperk sonder
afguns.
©
-
Soek jy hierdie een Raaitjie? Van Wils.
Kyk, 'n Nuwe Aarde Kom Gou!
Almagtige Vader God, kyk tog na
Benede en sien U skepsels nood,
Crime oor 'n enkele dime...
Dwelms neem oor en kinders verkool.
Erfenisse van ons voorgeslagte se besluite is ontneem;
Fundamentele regstellings nog in aksie.
Gaan dit dan nooit eindig nie?
Hallelujas’ vergrys in hoekoms -
Is dit dan die voortbestaan van U skepsel?
Jare kom, jare gaan en
Krummel die nageslagte net meer...
Liefde word nou vervang - met ek wil - en ek sal, wat
Massas vermoor net omdat - ek kon en wou -
Nou kruip U skepsels binne hulself weg,
O Genade red ons van hierdie hel!
Pas U skepsels, werklik nog in hierdie spel?
Qaulity streets is 'n effense troos na 'n wrede dag,
Rus ken geen siel meer nie;
Saggies huil in die binnekamer, ja...
Treurig dat die volmaakte wêreld wat
U geskep het se einde, so moet kom.
Vrede...ontbreek die nasie,
Water en wind verweer die natuur,
Xenephopia verteer ons nasie...
Yskoue sondaar harte, het deel van die mens geword.
Zero te sien in U Vader Huis – kom haal ons gou!
© Ah,Willa!
-
Ekke het hom, is dit nie LIEFLIK nie! Kyk net na die eerste blaai van die plasing, dan sal jy hom sien matertjie :love7:
-
In die alfabetsop
A is vir Abara kadabara, open sesame se gat.
B is vir Boerebarok sy nuwe kleur is swart.
C is vir Carnaliet is ons wyn met elke maal.
D is vir Daniёlskuil, waar honger leeue dwaal.
E is vir Engele o engele!Ek hoop hulle’s gestuur.
F is vir Farad se vonk, dit raak nou peperduur.
G is vir Gehazi vanwaar? Die treinspoor se arm kant.
H is vir Hoffmansdrup, as hartklop op galop beland.
I is vir Ikarus, hy't self sy vlerk gebrand.
J is vir Janus, die ou naam van my land.
K is vir Kabaal, totdat die daalers klaar is.
L is vir Lendene omgord, totdat die reen weer daar is.
M is vir Marionet, hul speel net heeldag skaak.
N is vir Nagmerrie, ek moes my droom ontwaak.
O is vir Opgeskeep, laat ons maar liewer swyg.
P is vir Parnassus, 'n berg wat digters styg.
Q is vir Quis(e)ling, die klerk is ‘n verraaier.
R is vir Requiem, begrawe tog daai maaier.
S is vir Soödom, die broertjie van Gomora.
T is vir Tamboek'doring, wat darem nog vrugte dra.
U is vir ‘n Uiltjie knip, die harlekyn’s gewyn.
V is vir Vredespyp, ‘n rooksein aan die kwyn.
W is vir Westewind, waar wilde wesens spook.
X is vir Xanthippe, sy kla een lange strook.
Y is vir Ysigkoud, nes my gewese vrou.
Z is vir Zeppelin, hier vlieg sy nog helgoed my ou.
-
Baie goed gedoen. Ek lief dit, die humorsin is verfrissend. :icon_salut: Ek weet net nie so mooi van Zeppelin nie, moes daar nie iewers 'n "het" ingekom het nie? :icon_biggrin:
-
My liefste gewese se Zeppelin vlieg nog gereeld...so ook in terme van die oorkoepelende tema van die gedig vlieg ons Zeppelinne ook nog rooiwarm. Ek moet seker dit bietjie duideliker uiteensit. :)
-
Ek's nie so slim nie. Al Zeppelin wat ek ken is die een wat uitgebrand het. Het ook te warm geword!
:icon_biggrin:
:bootyshake:
(Gaan gou vir 'n uur op die pad wees, kom nou-nou weer saam kuier.)
-
Simboliese en figuurlike Zeppelinne mens...
:glasses9:
-
:toothy4: :notworthy: :icon_salut: :`ip2:
-
Hierdie gedigstruktuur is nou in die boek. Daar is plek vir nog 'n gedig.
Raaitjie het 2, Trappies het 1, Marius het 1, Willa s'n is in haar bundeltjie.