Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 12, 2011, 10:41:06 AM
		
			
			- 
				Daar waar pers papawers
 pragtige poue pamperlang,
 deur tergende tulpe trippel sy.
 Na waar roeserige rooi rosies wink
 dwaal die brose steenbokkie.
 Soos twee tingerige takkies
 staan die skerp horinkies astrant
 bo die bonkige bokkoppie op.
 Tussen grasgroen geil grassies
 staan die statige steenbokkie.
 Loer sy skugtertjies vir my.
 ©
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Dit laat my dink aan die keer toe ons na 'n plaas gaan kyk het en die bokkies skrik vir ons en hol amper teen my vas..pragtig Naas.
 
 :angel12:
- 
				Pragtig. Klink fyn en broos.