Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 30, 2012, 07:05:18 PM
		
			
			- 
				Ek wens ek had ’n roos
 ’n bloedrooie
 vir elke vriendelike glimlag
 wat elke dag na my kant kom.
 
 Ek sal die paar of vyf
 in ’n waterglas rangskik
 in die middel van my lessenaar
 waar ek heeldag daarna kyk
 en die rykdom daarvan
 in my hart bewaar.
 
 Ek wens ek had ’n roos
 van enig ander kleur
 vir elke frons
 vir elke vloek
 wat elke dag na my kant kom.
 
 Ek sal die bondels
 met my arms omhels,
 dit verkwansel by verkeerslig
 en met die geld verdien
 al my skuld betaal.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				 :notworthy: :icon_salut:
			
- 
				Dit is so mooi Naas.  'n Pragtige kontras, ook "die lag met 'n traan gevoel" wat dit by my agterlaat!
 Hier is vir jou 'n bloedrooie vir jou vaas.   :toothy4:
- 
				Ek hoop ek gee jou net rooi rose!!
 
 Mens maar jy kan buite die boks werk - jy moes al 'n paar Veertjies gekry het ... vir wie moet ek wakker skop sodat jy ook 'n veertjie kan kry!!  Jy weet mos daai veertjies wat die digters kry wat so befaam is!  Hulle kan almal my jou om leer!  Gelukkig het ek die voorreg om jou woorde te beleef!
- 
				en as jy genoeg veertjies het, kan jy dit in jou bek vasbyt en Pretoria toe vlieg.  Wag net eers tot ek tuis is.   :icon_biggrin: