Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on May 11, 2011, 08:11:20 PM
		
			
			- 
				wanneer oggendson die rooidag verf
 en voëls hom luidkeels groet,
 wanneer dou die vroegdag spieël
 en ‘n koel kleed om my skouers hang,
 huppel-bons verlang-gedagtes
 oor  veld en gras en klip
 reguit na jou berg se hang
 
 mag hulle daar kom rus, my lief
 en uit jou poele drink?
 sal jy vir hulle skuiling bied
 en teen jou bors vasdruk?
 stuur hul vannaand huis toe
 met ‘n boodskap van hoop
 voor my hart vasys
 in my alleen winterlyf?
 
- 
				Pragtig Gawie.  Jy skryf so vol verlange.  
			
- 
				Dis baie mooi Gawelina, ek is mal oor jou slot...alleen winterlyf. 
 
 :angel12:
- 
				baie baie mooi vertel, jy het verlange uitsonderlik gemaak.
 
 :grommit: