Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on May 11, 2011, 06:37:39 AM

Title: Winter in Maart...
Post by: Angelica on May 11, 2011, 06:37:39 AM


winternag se onthou

my hande oor jou kaal
rug se biltonge   jou skouers   
jou asem hortent in my nek
jou naak bene se kalm vel streel
die oorverhitting van myne

ek blaai en blaai

deur joernale se gange van onthou
ek proe die eindelose oggende
van bekersvol wat oorloop
later leegloop

ek blaai en blaai

deur dagboeke van gister se drome
na ritte oor woestyn en klip en sand
en sproei wat opwaai teen ons bene
op Blouberg se strand
gedigte lees op 'n kombers onder
wilgerbome teen Zevenwaght se rand

jou ewig positiewe raad

die oggend is grys
nĂ¡ hierdie wintersnag in Maart

Title: Re: Winter in Maart...
Post by: PM on May 11, 2011, 09:55:49 AM
Wow!  Dit is pragtig geskryf Angelica.  Ek leef my in in jou mooi gedig.   :hello:
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: Naas on May 11, 2011, 10:05:44 AM
Ek stem saam. Die vrou MAG maar.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: PM on May 11, 2011, 10:20:26 AM
Sy bly nie ver van julle af nie     :icon_bigsmurf:   :angel12:   Sy sal maar self moet kom praat. 
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: Louis on May 24, 2011, 07:42:49 PM
yip!! julle is reg....sy mag maar.  besonders verwoord en pragtig beskryf
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: adele on May 24, 2011, 08:18:15 PM
skitterend.

 :grommit:
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 12:56:34 PM
pragtig!
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: Meraai vannie Baai on April 10, 2012, 05:38:22 AM
Trippel WOW!!  :book1: :notworthy:
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: Angelica on April 10, 2012, 06:03:29 AM
Dankie Meraai. 
Ek dink ek gooi hom ook innie Boek2 
Title: Re: Winter in Maart...
Post by: Meraai vannie Baai on April 10, 2012, 11:12:43 AM
 :icon_salut: :book1: :love7: