Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 19, 2012, 02:24:53 PM

Title: Tamboerin
Post by: Naas on April 19, 2012, 02:24:53 PM
My weergawe van die (p)Tampoen struktuur

Trommeltamboer my hart se snare,
speel met my is, viool.
Vlindersaggies fladder roosknopsoentjies
deur my siel se vygiebos en

speel met my is, viool.
Die liefdesklankies galm
deur my siel se vygiebos en
oor die vlaktes van verlange.

En die liefdesklankies galm…
Vlindersaggies tokkel roosknopsoentjies
oor die vlaktes van verlange,
trommeltamboer oor my hart se snare.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tamboerin
Post by: Ah Willa on April 19, 2012, 03:35:48 PM
Dis roosknopsoentjies mooi!

en die het my hart se siel getref: "deur my siel se vygiebos"

ek moet erken, ek moes 'n paar keer deur lees en net dalkies begrip ek 'n gedagte of twee ....maar ek hou van wat ek lees  :angel4:
Title: Re: Tamboerin
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2012, 12:30:25 AM
 :`ip2: bloooos, ek krap kop oor die speel met my is, viool Dalk sukkel ek om te konsentreer so deur die tasse pak en nuuskierig loer wie griffel wat! Lief jou (p)tampoen struktuur en hele paar woorde ook my hart gesteel weer Naas.

Title: Re: Tamboerin
Post by: Naas on April 20, 2012, 06:51:52 AM
"my is" = my hele wese, al my bestaan. "Ek is maar net een, maar ek is."
Title: Re: Tamboerin
Post by: PM on April 20, 2012, 07:41:22 AM
Dit is 'n pragstuk.  Moet erken, "my is" het my ook laat kopkrap, maar die vlindersagte roosknopsoentjies deur jou hart se vygiesbos het my laat   :notworthy: vir jou prag gedig. 
Boektoemooi!