Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 18, 2012, 09:00:54 PM
		
			
			- 
				Diep uit onthou se doos
 krap ek die ou lewenspalet
 in die oggend van my soek,
 die oggend van my alleen.
 
 Ek sien weer die kleure.
 Helder staan elke kleur op
 en gil die gebeure uit,
 diep uit onthou se doos.
 
 Helder ougoud trek drade,
 drade muldelik en kwistig
 met vreugdekwas geskep,
 so krap ek die ou lewenspalet.
 
 Maar ook 'n traan verwater
 die vaalgrys van seerkry.
 Seerkry wat palet deurmarmer
 in die oggend van my soek.
 
 Die oggend van my alleen,
 ja, in die oggend van my soek
 krap ek die ou lewenspalet
 diep uit onthou se doos.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Van dag een af lief ek hierdie tru-verse van jou.  :love7:  As mens na die rigiede struktuur kyk, krap jy kop en wonder hoe gaan die eindproduk lyk? Hier is weer 'n puik voorbeeld en bewys dat daar unieke gedigte geskep word met die strukture beitel  :notworthy: :book1: :icon_salut:
 
 
- 
				As daar nou 'n struktuur is wat herhaal kan word in die boek is dit hierdie een.  Pragtige voorbeelde Naas.  :icon_salut:
			
- 
				Amen! Besliste ja  :book1: :notworthy:
			
- 
				My kreukelkammer klap hande oor hierdie mooi
 my hartkammer voel hierdie mooi se rou
 en my bek is stil, die woorde wat wil uitstorm is stom
 
 ek is mal oor hierdie dig en die mooiste van die mooi vir my is:
 
 Die oggend van my alleen,
 ja, in die oggend van my soek
 krap ek die ou lewenspalet
 diep uit onthou se doos.
- 
				Ek lief hierdie gedig van jou!
			
- 
				Dankie julle.
 Dis my gunsteling struktuur
 
 
 
 
 :icon_bigsmurf: