"luipot" (slow cooker) :hello2: :notworthy: :book1:
Raaitjie, miskien is daar nog 'n paar ouens wat 'n Afrikaanse naam wil gee vir die "luipot".
Sal wonderlik wees as ons nog 'n paar kan kry. Mal oor joune :bootyshake:
Dankie Raaitjie, ek het ook gedink aan "prutpot".
Kan dalk werk as jy so 'n halfrym wil inpas iewers. :icon_biggrin:
Ek lief jou luipot-prutpot Piet Magriet :hello2: :book1:
Ou soetjies-prut.
Luipot.
Is ons taal nie betowerend mooi nie Angelica! Ek rol julle beskrywende woorde oor my tong van kies tot kies en hoor hierdie luipot van PM soetjies-suutjies prut-prut :love7: :notworthy:
As gevolg van die kinners suutjies-prut my moer in my luipot. Gelukkig drink ek pille wat keer dat die luipot in 'n drukpot verander en my humeur oorkook in 'n bedpot.
:icon_bigsmurf:
Drankbaar saam met jou vir die medikasie wat hierdie konsternasie kon afkeer en verhoed Meester Naas. Sterkte en drukkie is al wat ek kan skryf en gee van diekant af :toothy4:
As gevolg van die kinners
suutjies-prut my moer
in my luipot.
Gelukkig
drink ek pille
wat keer
dat die luipot
in 'n drukpot verander
en my humeur oorkook
in 'n bedpot.
© Naas
:book1: :notworthy: :icon_salut:
PM jou slow cooker kan dan ook beskryf word as 'n lui-prutpot :toothy4: Dit voel nou nes die oudae toe ons soveel pret gehad het rondom die skep van nuwe woorde en sommer klomp ander, kielielekker geboorte geskenk het op een erf!!
Nou praat jy Raaitjie. Ek voel al sommer weer sonskyn.
Naas hoe lekker lag ek nou - die kinders kan dankie se jy drink lagpilletjies - ek moes juis myne onlangs van een na twee vermeerder het, maar ek kan blykbaar nou net weer een gebruik om my prut-pot te laat luier :-)
Quote from: Naas on April 18, 2012, 09:42:33 AM
As gevolg van die kinners suutjies-prut my moer in my luipot. Gelukkig drink ek pille wat keer dat die luipot in 'n drukpot verander en my humeur oorkook in 'n bedpot.
:icon_bigsmurf:
Kyk nou net Raaitjie - ek hoop hierdie gedig van Naas kook in boek no 2 :icon_cheers:
Quote from: Meraai vannie Baai on April 18, 2012, 11:54:03 AM