Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 09, 2012, 12:20:35 PM
-
… sou my heupies aansienlik krimp
vir body-hugging-tabberts wat vir aandag wink
en my boudjies minder rond
en al daai ander plekkies, natuurlik en gesond.
ek sou lokke hê die kleur van Chestnut, goud en blink
lank, swaaiend, bobbend in die wind
bene lank en sonder ophou
ge-wax, ge-olie, ge-tan en ge-tone
‘n silikoon vallei right down to the breast bone
lippe wat pout en pruil
afgerond in Mac se ‘Armorous’
of Oulaprooi waarvan almal bewus is
as ek mag vra, ek vra dan so mooi,
twee enkels wat nie swik
by die eerste blik
van ‘n paar Jimmy Choo’s
oeee… nommer 5, want 6 is uitverkoop
en voete wat reguit loop, nie skeef
hoe?! moet ‘n vrou nou leef sonder Prada
wat haar gestalte soos ‘n lang regop kers kan dra
nog ietsie asseblief, ‘n paar handjies fyn
ge-mani en geskilfer dat die ouderdomsvlekke verdwyn
‘n stem soos ‘n nagtegaal,
sodat my kop voor die mikrofoon kan waai
en my Chestnut tresses oor die verhoog laat swaai
met bene ge-wax, ge-olie en ge-tone
‘n Gucci handsak, asseblief of dalk ‘n Louis Vuitton
wat hang oor my perfekte hoekige skouertjies
vanaf die volmaakte S-vorm van die Clavicle
dis absoluut radicle, ja ek weet
maar dink net hoe ‘n Valentino, vloeiend en sag
of miskien ‘n Dior met J’adore
die manne gaan laat sweet!
ek sal stap oor die rooi tapyt, so wulpsies en mooi
met ‘n middeltjie soos Dolly s’n, opgetooi
in goud, maar o, hoe hou jy dit so
as jou eetlus vir pasta jou laat gryp na die pot
my uithouvermoë en wilskrag is verrot
ek sal nie volmaak wees as my gebit
nie weekliks ge-polish word tot skitterwit
pêreltjies egalig deur draadjies gevorm
dis mos deesdae die norm.
Ten laaste, groot groot asseblief,
‘n bankbalans met triljoene
vir gewade, parfume, make-up en skoene….
As ek kon oor wees
dan was ek nie ek…
ek is volmaak geskape
al lyk my heupe soos rape
my bene te kort
my hare soos ‘n veldmuis se tjort
met enkels wat swel
en naels wat split
‘n stem soos ‘n bekfluitjie
en tande soos grit….
Ek is volmaak geskape
alles is op plek
maar wanneer ek stilleto’s dra
voel ek my kuitspier het verrek
©Elsabe
-
Ek moes mooi lees om nie tussen die lag van die stoel af te val nie ...
die humor waarop jy hierdie diep waarheid aanbied, is verfrissend ... dankie vir die deel van die prag gedig!
-
Skitterend Elsabé! :hello2: :notworthy: Ek wens ek kon jou sien hierdie gedig voordra! Daar op die verhoog, met handgebare en al!
Weet tog net dat ek lief is vir jou net soos jy is! :love7: As ek iets moes verander het, sou ek net die stiletto's by die deur uitgooi.
-
Ooooo.... vrek ja. Giggel maar vir myself oor daai amperse 'stiletto's'.
Ek kom al mooi reg! Julle moet my sien. Die knietjies is al amper reguit, nie meer gebuigde beentjies nie.
Dankie, bly julle het lekker gelees.
-
soos gewoonlik is jou stories baie funny en goed geskryf
-
Dankie, vriend Louis.
Ek waardeer jou kommentaar.
Yip, lag maar vir myself.
-
Ons spot altyd met die tannies met die "sokkerbolle". Dit is nou daai kuite wat so bult van tiekie hakkies dra.
Ons moet beslis 'n foto kry van daai een!
-
Ek bulder alweer onvroulik :sign10: :headbang:
-
Foto's van my kuite???
NEE, ek het te veel spatare. (Wonder wat Naas dit sal noem. 'Padkaart van Johannesburg'.)
-
Nee goggabie, nie van jou kuite nie, van jou in daai stilletto's. :icon_biggrin:
-
Sambliefie ja ...sneppie vannie afdraandskoene :sign10: