Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on March 30, 2012, 04:32:59 PM

Title: My spookstorie
Post by: Naas on March 30, 2012, 04:32:59 PM
Geesgenote - Kom Broer…

Die twee vrugtediewe hardloop met armsvol lemoene stil-toon, stil-toon die stofpad af.
Die versteende engeltjies oorkant die kerkhofdraad kyk die booswigte stilswyend aan.
Agter hulle raak die uitasem skoolhoof se jaende voetval stil.
Hulle het weggekom.
Die voorste booswig swaai by die kerkhofhek in en verloor twee van sy gesteelde lemoene. Hulle besluit egter om dié eers net daar te los.
Saggies sluip hulle tot agter die tweede ry grafstene en gaan sit agter die grootste een.
Toe hulle seker is die agtervolger het hulle verloor en alles is stil, begin hulle die buit verdeel.
Een vir jou…
Een vir my…
Een vir jou…
Een vir my…
Dominee en hoofouderling is op pad konsistorie toe. By die kerkhofhek hoor hulle die vreemde gedoente in die kerkhof afspeel.
Een vir jou…
Een vir my…
"Nee daai een is soeter ek sal hom neem."
Een vir jou…
Een vir my…
“Wat sal dit wees, Dominee? Wat dink jy gaan daar aan?”
“Al wat ek aan kan dink is dat die twee grootmanne besig is om siele te deel.” Antwoord Dominee bleek.
“Daai was nou die laaste een.” Kom dit vanuit die kerkhof.
“En wat van die twee daar by die hek?”
“Kom!” Sê Dominee benoud. “ Hier moet ons nou liewer vinnig gatskoonmaak anners beland een van ons dalk vanaand in die warmwater.”


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: My spookstorie
Post by: Fransi on March 31, 2012, 09:07:43 AM
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:
Title: Re: My spookstorie
Post by: Angelica on March 31, 2012, 12:21:43 PM
Giggles...
Hey, preacher, leave those spooks alone..
Title: Re: My spookstorie
Post by: Meraai vannie Baai on April 09, 2012, 10:30:20 AM
Hiehieheiheiehei....een aand het my pa gaan skuil in die mielielande om die spookjagters in te wag. Gaan hy met laken om hom per ongeluk sit op een of ander gevlerkte vrinds se nes en die ding skop rumoer op wat my pa en laken die hasepad laat vat. Spooksoekende fam sien hier kom spookgedaante wrintiewaar regtig egtig aan. So vinnig dat een van die jongelinge benoud skrou:  ouens - hy kom op baaisiekel aan!! My pa was eerste by die plaashuis. Wit soos die laken en tot vandag word die ding by elke familibyeenkoms opgehaal  :love7:
Title: Re: My spookstorie
Post by: PM on April 09, 2012, 02:25:29 PM
Oeps Raaitjie, toe vang slim sy baas!  :icon_biggrin:

Raaitjie, ek is mal oor Naas se pragtige beskrywing: stil-toon stil-toon.  Dit is baie mooi Naas.
Dit moet boekie toe, sebliefie. 

Die versteende Engeltjies...   :icon_biggrin:

Mooi geskryf Naas!