Net gou laat weet ons gaan weer bietjie kamp langs die meer, naby Meisiekindjie wat die laaste skof van haar swangerskap aanpak - oupa en ouma gaan sorg dat ons net so halfuur se ry van haar is as die telefoon lui. :icon_bigsmurf: Hoekom klink meeste elektroniese dinge vandag soos 'n telefoonlui?? Ek spring myself uit lit uit vir die was- en skottelgoedmasjien, selfs die mikrogolf laat my hop!
Mooi ry en by voorbaat geluk.
:icon_bigsmurf:
Geniet die kamp en mag alles goed afloop.
:wav: lekker kamp en kuier en sterkte met die kleinding wat amper hier is - ons hou jou dogter in gebed
Heeeerlik gekamp julle. Geeeen baba tot nou :toothy4: Gaan DV die langnaweek weer kamp naby Meisiekind. Dit help om die laaaaaang sekondes om te kry :`ip2:
bondeltjies pop mos uit op hulse eie tyd!!
ons kamp nou nie saam nie, maar ons bid saam dat alles goed verloop met die nuweling on his/her way en mommy wat so getrou die prag-kind dra :love7:
Ons hou duime vas dat alles goed sal verloop Raaitjie. Ek is bly dat jy darem nou eers weer 'n rukkie by ons kuier. Lekker om jou terug te hĂȘ. :hello2: