Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on May 07, 2011, 07:30:16 AM

Title: uitdaging
Post by: Jeannedarc on May 07, 2011, 07:30:16 AM
hallo julle

hier is vier woorde - laat ons sien wat hieruit sal vloei
PEN
HERT
BEKER
DRENKELING

 :coffee2:
Title: Re: uitdaging
Post by: Naas on May 07, 2011, 08:59:34 AM
Jy's darem baie onregverdig. Gee die woorde en gryp dan die eerste oplossing.  :hello2: :laughing4: :notworthy: :icon_cheers: :icon_thumright:
Ek speel sommer. Dit dwing 'n mens om verder te dink, dankie.
Hier is myne.

Verlossing

Hamer, draad en pen
buig ek ‘n kamp te maak.
‘n Kamp van doringdraad.

Al my wilde hert
wil ek in daardie kamp.
‘n Kamp om mak te maak.

Dan wil ek met ‘n beker
agteroor op die stoep gaan sit.
‘n Beker gevul met verlossing.

Soos ‘n drenkeling
verlos uit onstuimig water.
Verlos van al my wilde hert.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: uitdaging
Post by: PM on May 07, 2011, 12:42:54 PM
Hoe verwag jy nou moet ek daar bo bykom?  Goeiste,  jy het 'n mooi gedig geskryf Naas.

die skerp pen tref hom deur die long
  vir my 'n bitter beker om te sluk
          so sterf die jong hert
       'n drenkeling in eie bloed