Dagbreek
Dou-nat-gras dans teen my voete.
Voordag met gister se boete,
nog vlak is die skadu~ryk.
Dageraad breek stilte,
met al haar fasette.
Geure wat my verryk.
© Trapsoetjie
dis darem maar mooi, Trappies
:grommit:
Aitsa Trappies, ek hou van jou skerp potloodjie! :icon_biggrin: Baie mooi geskryf, ek hou sommer baie daarvan.
En ek glimlag oorwyd. Wens ek kon 'n famielielid kry om my potloodjie te slyp.
:icon_bigsmurf:
Kom kuier maar vir my, ek ken van potloodtjies skerp maak! Hê-hê, I wish!
Stomp potlooitjies kan ook skerp gemaak word - dink ons moet onderwerp gedigte begin skryf ... gie gie
baie mooi gedig Trappies - kort en kragtig
O gits,,,sien ek nou eers hiers gegriffel. Dankie julle.
:angel12:
mooi
Mmm ruik sommer die veld en die oggend lug. Mooi kort en tog so mooi.