Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on March 19, 2012, 02:03:49 PM

Title: Dagbreek
Post by: Trapsoetjie on March 19, 2012, 02:03:49 PM
Dagbreek

Dou-nat-gras dans teen my voete.
Voordag met gister se boete,
nog vlak is die skadu~ryk.

Dageraad breek stilte,
met al haar fasette.
Geure wat my verryk.


© Trapsoetjie
Title: Re: Dagbreek
Post by: adele on March 19, 2012, 02:17:13 PM
dis darem maar mooi, Trappies

 :grommit:
Title: Re: Dagbreek
Post by: PM on March 19, 2012, 02:46:14 PM
Aitsa Trappies, ek hou van jou skerp potloodjie!   :icon_biggrin: Baie mooi geskryf, ek hou sommer baie daarvan. 
Title: Re: Dagbreek
Post by: Naas on March 19, 2012, 03:11:36 PM
En ek glimlag oorwyd. Wens ek kon 'n famielielid kry om my potloodjie te slyp.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dagbreek
Post by: PM on March 19, 2012, 10:48:02 PM
Kom kuier maar vir my, ek ken van potloodtjies skerp maak!  Hê-hê,  I wish!
Title: Re: Dagbreek
Post by: Ah Willa on March 22, 2012, 01:02:03 PM
Stomp potlooitjies kan ook skerp gemaak word - dink ons moet onderwerp gedigte begin skryf ... gie gie

baie mooi gedig Trappies - kort en kragtig
Title: Re: Dagbreek
Post by: Trapsoetjie on March 22, 2012, 02:17:10 PM
O gits,,,sien ek nou eers hiers gegriffel. Dankie julle.

 :angel12:
Title: Re: Dagbreek
Post by: Marinda Kemp on November 17, 2015, 02:31:18 PM
mooi
Title: Re: Dagbreek
Post by: Ans Botha on December 01, 2015, 10:18:29 AM
Mmm ruik sommer die veld en die oggend lug. Mooi kort en tog so mooi.