Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on March 15, 2012, 11:24:05 AM

Title: Dolle gejaag.
Post by: Trapsoetjie on March 15, 2012, 11:24:05 AM
Dolle gejaag.

Donderstorms oor ‘n grys blou see.
Woorde, onwaarhede, maak seer.
Met ‘n klemming om my hart,
voel ek hoe die weke uitmekaar spat!

Gedagtes, en drome,
kabbelende strome,
gestrooi, en verlore,
angstigheid word gebore.

Warboel mense wat deur my weke spartel.
Vertroue wat om my kantel.
Drukking van ‘n gejaagde lewe,
na niks, waarvoor ons so strewe.

© Trapsoetjie
 :angel12:
Title: Re: Dolle gejaag.
Post by: PM on March 15, 2012, 02:14:21 PM
Mooi Trappies.  Die waarheid in 'n neutedop.
Title: Re: Dolle gejaag.
Post by: Meraai vannie Baai on March 16, 2012, 08:40:04 PM
Prrragtig Trappies!! So pragtige beeldende gedig  :love7:
*Loer net na kabbelinde - 'kabbelende'
Title: Re: Dolle gejaag.
Post by: Ah Willa on March 18, 2012, 03:08:41 PM
Dis 'n wow wat ek moet  :icon_salut:

dis die mooiste mooi beeld: voel ek hoe die weke uitmekaar spat!
Title: Re: Dolle gejaag.
Post by: Trapsoetjie on March 19, 2012, 08:40:22 AM
Dankie aan almal.

 :angel12: