Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: AB on March 04, 2012, 05:57:31 AM

Title: welkom
Post by: AB on March 04, 2012, 05:57:31 AM
Ek verwelkom myself

Dankie ek voel welkom

Lekker dag vir almal

AB
Title: Re: welkom
Post by: PM on March 05, 2012, 05:02:14 AM
Oe la-la Lox.  Baie welkom.  Nou het jy darem 'n giggeltjie in my keel gesit en soos ek die laaste twee weke voel, wil dit gedoen word hoor!  :icon_biggrin:

Net ter verduideliking. Lox het 'n nuwe e-posadres en het gevra dat ek hom met sy eie naam weer registreer.  Welkom dus AB, en ouens dit is 'n Afrikaanse AB gehoor.   :wave:
Title: Re: welkom
Post by: AB on March 05, 2012, 11:13:13 AM
Dankie PM
Ja dis nie Aaa Beee nie dis AB soos ABCD in afrikaans wat stop na AB
Title: Re: welkom
Post by: Ah Willa on March 06, 2012, 03:07:46 PM
julle is so snaaks ha ha ... welkom terug AB .. my neef se naam is DP en ek het 'n vriend wat CD is en almal dink altyd ons spot as ons hom voorstel - maar dis regtig sy naam - DP en CD in Afrikaans uitgespreek ...  :hello:
Title: Re: welkom
Post by: AB on March 06, 2012, 04:21:57 PM
Die emnse dink ook ek trek been as ek my voorstel.

By 'n skiet kompetisie eendag 'n man met die naam ABC geontmoet.

Title: Re: welkom
Post by: Ah Willa on March 06, 2012, 05:13:08 PM
ABC se ouers was def nie lief vir hom nie - dink net hoe word hy gespot  :bootyshake:
Title: Re: welkom
Post by: AB on March 07, 2012, 12:25:43 AM
Om die waarheid te sê ek was ook baie gespot kleintyd oor my naam, dalk was hy meer as ek gespot. Sal hom vra as ek hom eendag weer by 'n skiet raakloop.
Title: Re: welkom
Post by: Ah Willa on March 07, 2012, 07:58:10 AM
AB is darem naby aan Abé as ABC :-)