Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: AB on March 04, 2012, 05:54:30 AM
-
so ja nou kan ek darem loer wat hier gebeur en ook my bydraes gee.
vir die wat wonder wie ek is.....hou aan wonder tot jy uitvind.......
in elk geval dit gaan goed, ons slaap in ons eie huis, en ons het 'n binnebraai in ons slaapkamer plus 'n yskas met drank en 'n vrieskas met vleis en ander een met seekos.
die mense is goed vir ons en ons kyk vorentoe.
sal later i foto van my bakkies oplaai en meer vertel, eers gou kerk toe gaan en dan by pelle gaan braai wat ook so paar klappe van die lewe gekry het die laaste 3 maande.
sal vanaand se kant kyk of ek kan foto(s) opsit van die laaste paar weke se gebeure.
-
Weereens welkom AB, die ouens sal gou weet dat jy Lox is. :icon_biggrin:
-
AB/Lox ala Stoffeltjie welkom welkom. So pas na die fotos gekyk so verskoon die gesnuif sebliefie. My gemoed loop oor :icon_bigsmurf: Drukkie vir jou en vroulief mater!
-
dankie rita, ons pars dat dit bars het nie eers tyd om my agterent te draai nie, is net aanhou en volhou en bekhou, maar die bessies val lekker, ons kla niks.