Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on February 15, 2012, 06:15:30 AM

Title: Koi
Post by: Angelica on February 15, 2012, 06:15:30 AM
Toe die rooi vis deur die water breek
het jou hand gegly
het jou hand gegly
teen my kleinrug

Toe die rooi vis deur die water breek
het die son geskyn
het die son geskyn
oor my hartsvrug

©Elsabe

Title: Re: Koi
Post by: Meraai vannie Baai on February 16, 2012, 12:25:03 AM
Ek het kom hang aan hierdie woorde, heen en weer geswaai saam met die herhaling en gewens ek kon jou sien sit by 'n kaggelvuur en jou stem dit hoor voordra Angelica! Lankal het ek by die Woesblad 'n voorstel gedoen dat ons 'n klankopname maak van ons abc skeppings vir mense met swaksig ens. Hierdie ene sou ek beslis wou hoor, soos soveel ander van die werk wat hier wegkruip op die werf!
Title: Re: Koi
Post by: PM on February 16, 2012, 08:33:39 AM
Ek het al die klankopnemers gekoop Raaitjie, as ek tuis is sal ek werk daarvan maak.  Ek is soooo bevoorreg om vir Engeltjie hier by my te hê en Vrydagaand sal sy moet voorlees!  
Naas sal sy opnemertjie moet saamneem, dalk kan ons iets goeds hieruit laat gebore word.
Title: Re: Koi
Post by: Fransi on February 16, 2012, 08:41:04 AM
Werklik besonders.
Title: Re: Koi
Post by: PM on February 16, 2012, 09:37:17 AM
Skuus Engeltjie, ek het net gou die boesman uit jou rooi vis uitgesny.   :icon_biggrin:
Title: Re: Koi
Post by: Louis on February 16, 2012, 11:15:30 AM
ek hou baie hiervan. ek kan die woorde visualiseer en die prentjie is pragtig
Title: Re: Koi
Post by: Angelica on February 17, 2012, 12:49:52 PM
Dankie aan almal wat dink my rooivis versie is besonders.
Dankie ook aan PM wat die boesman in 'n rooivis verander het.
Meraai, ek wens ons kon soms net by mekaar sit en voorlees.  Sou dit nou nie ideaal wees nie?