Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on February 14, 2012, 11:57:24 AM
-
In die vuurherd van vervloë liefde
graaf vlenter vingers deur koue as
dolwe steeds vir n stukkie lewe
op soek na n kooltjie
wat dalk nog brand.
kapok-as sif nog sagkens neer
na asemwind se waai
bloedbevlekte vingers in lap toegedraai
vuilblink
die kronkelspruitjies
geëts oor stofbedekte wange
slootjies vlak gekerf
deur wanhoop se trane
als vergeefs
als gewis
smeulend die verlange
na n liefde
lank lank reeds geblus…
-
Droewig. Hartseer. Die gedig spreek van verlatenheid. Baie goed geskryf Louis.
-
:crybaby2: mooi Louis!
-
Aaaa... jy beeld dit so werklik, jy laat my 'n knop in my keel kry.
-
:hello:
Hartbrekend mooi geskryf. Pragtig.
-
jou gedig laat my die pyn van verlaatenheid ervaar - baie mooi geskryf