Fibonacci gedigstruktuur (Fib)
Die skrywer kan, ôf van lettergrepe, ôf van woorde, gebruik maak vir hierdie gedigstruktuur. Die voorbeeld maak gebruik van lettergrepe.
Die skrywer kan rym toepas maar dit is nie 'n vereiste nie. Gewoonlig rym die laaste lettergrepe van versreëls met mekaar.
Die gedig begin met een lettergreep (of woord) in die eerste versreël en dan weer een lettergreep (of woord) in die volgende versreël, dan word dit stelsematig meer en meer.
Die skrywer kan self besluit uit hoeveel versreëls die gedig bestaan, maar dit is gewoonlik nie korter as 8 versreëls nie.
Hier is die uitleg vir die aantal lettergrepe in elke volgende versreël:
1 1 2 3 5 8 13 21 34 55 89 144 233 377 610 987 1597 2584 4181 6765 10946
Voorbeeld:
Dankie
1 Dit
1 is
2 tóg so,
3 toentertyd,
5 toe ek 'n kind was,
8 het ek sorgeloos rondgewals.
13 Geen besef van geld en kos of klere aan my bas.
21 In die sweet van hul aanskyn het my ouers in meer as al my behoeftes voorsien.
34 Ag, hoe verlang ek nou, met 'n passie, terug na daardie wonderlike, sorgelose dae in my liefdevolle ouerhuis.
Nee O donnerdag... Waar gaan die eindig?
:icon_bigsmurf:
Wat bedoel meneer dan nou? Wie wil nou 'n einde sien? Is die idee nie om aan te hou oefen en oefen en nog 'n keer te oefen nie?
Meneer moet nou net ophou om te klak en klak en te kerm en sy voorbeeld hier te kom plaas! As tannie PM 'n voorbeeld kan skryf dan kan oom Naas dit by verre verbeter!
:dontknow:
Hier gaan dit, laat my weet waar ek moet verander.
Sonde
Kyk
dit
is tog
opsigself
van aard 'n swakheid,
ingebore is 'n geveg
wat mettertyd totniet verklaar sal word. Tot dan is
ons geketting aan 'n anker van sonde, wat ons elkedag sal laat struikel tot
ons kniee rou is, van kruip en vergifnis vra, is iets wat ons nou net moet aanvaar, daar sonder sal almal in 'n monster verander!
©
:angel12:
:hello:
Hierdie lyk na 'n lekker enetjie. :-)
Ons wag vir joune Fransi.
Pragtig Trappies. Dit lyk asof die strukture sommer so vanself uit jou pen gly!
GeheimeEk
loer
na die
miskombers,
wat hang oor die kloof
se twee boog-gekromde skouers;
vertel my tog, wat se geheime dra jy so swaar?
©Meraai vannie baai
Hier is 'n ou gedig geneem uit my reeks 'donker verse' - herbou met 'Fibonacci woordstene' waar ek woorde i.p.v lettergrepe gebruik het.
Deur die vensters van my siel staar ek
vir oulaas na die krake
in die muur
dit was
eens
'huis'
die
'tuiste'
wat my
denke moes koester
Die deure is nou toegesluit
Vae beelde van gister's afgeëts as donker skadu's
©Meraai vannie baai
Hier het ek die proses omgedraai:
Geroeste
sleutels -
summier weggesmyt,
tussen verbande onthou's
Want die vrees lê oppervlakkig
vir wanneer iemand ongenooid na binne sou sluip
met genadelose vuis van angs wat siele toeskulp
inne hel van mensgemaakte sel
Waak suutjies teen
die soutpilaar:
moenie
omkyk!
©Meraai vannie baai
Dankie vir die mooi voorbeelde Raaitjie. Dit is uitstekend gedoen. :read:
Ek sit nou en lees weer deur al julle pragtige voorbeelde en verwonder my aan die kreatiewe skeppings :hello2: :book1: boektoe-woordeprag!