Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on February 13, 2012, 04:54:52 PM
		
			
			- 
				In my vaal tuintjie
 waar die droë grasse
 sukkel om te oorleef.
 Tussen verlepte varings
 en geplooide kaktusse heen.
 Ja, daar in my verlepte,
 vergete, vergeelde vaal ou tuintjie,
 daar beur ‘n roosboompie
 teen die natuur.
 En ‘n geurige bloedrooi roos
 vou sy delikate sysag lippies
 skugter oop vir my.
 
 En jy, my valentyntjie,
 tussen al die dorre bloeisels
 in my eie vaal ou tuintjie,
 is daardie roos vir my.
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Gekroonde lyne wat blom in jou Vaal Tuintjie Naas  :notworthy:
			
- 
				Aitsa, sneeu op die berge maar vuur in die valei.   :angel4:
			
- 
				Op daai berge begin die klippe nou deur die bossies groei.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Dis mooi Naas. 
 
 En ‘n geurige bloedrooi roos
 vou sy delikate sysag lippies
 skugter oop vir my.
 
 Mooiste mooi woorde....
 
 :angel12:
- 
				Dankie my skat.
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				elke tuintjie dra sy kruis en mooi kleure en geure - prag gedig Naas!
			
- 
				van jou mooiste tuintjie-woorde
 
 :grommit:
- 
				Pragtig.