Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on February 13, 2012, 06:41:45 AM

Title: 'Tis Maandag...
Post by: Angelica on February 13, 2012, 06:41:45 AM
'Tis Maandag.
Issit nodig om meer te se?
My kop is seer.
Hettie goed geslaap nie.
En dan is dit nog Maandag ook.
Ek wil gaan slaap tot Dinsdag.  :sleepy1:
Julle moet maar die dag saam met my om wens.
Bi
Title: Re: 'Tis Maandag...
Post by: Naas on February 13, 2012, 07:32:40 AM
Al lê die Maandag nog so blou
Al lêêêê die Maandag nog so blou
Al lêêêê die Maandag nog so blou
Die naweek sal ek steeds oooonthoouuu!

Ek sluit dit af met 'n lekker hart
Ek sluit dit af met 'n lekker hart
Ek sluit dit af met 'n lekker hart
Saam met jou was die naweek Smáááárt!

Nou kan die wekie ook maar kom
Nou kaaan die wekie ook maar kom
Nou kaaan die weekie ook maar kom
Ek gee nie meer 'n donner om!

Want Vrydag lê net om die draai
Ja Vryyydag lê net om die draai
Ja Vryyydag lê net om die draai
Dan kan ons weer 'n vleisie braai

Sonder jou is die week ook maar flou
Sonder jooou is die week ook maar flou
Sonder jooou is die week ook maar flou
Daarom sal ek maar probeer uithou.

Al lê die Maandag nog so blou
Al lêêêê die Maandag nog so blou
Al lêêêê die Maandag nog so blou
Die naweek sal ek steeds oooonthoouuu!


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'Tis Maandag...
Post by: PM on February 13, 2012, 01:39:05 PM
 :icon_biggrin: Ai Naas, jy weet hoe om 'n mens se hart warm te laat klop. Mag die week nog lank en wonderlik wees.  Julle is "geboek" tot volgende Maandag!  :hello2:
Title: Re: 'Tis Maandag...
Post by: Meraai vannie Baai on February 13, 2012, 11:39:29 PM
Ek het nou SOOOOO lekker gesing!!! Naas jy is enig in jou soort  :icon_salut: :book1: :notworthy: