Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on February 08, 2012, 10:33:50 AM

Title: skaaf weer aan hierdie een
Post by: Fransi on February 08, 2012, 10:33:50 AM
 :hello:
Title: Re: Psyche
Post by: PM on February 08, 2012, 03:47:46 PM
Hoendervleis mooi Fransi.  Jy weet hoe!
Title: Re: Psyche
Post by: Fransi on February 08, 2012, 05:51:14 PM
Dankie PM. :-)
Title: Re: Psyche
Post by: PM on February 09, 2012, 05:32:54 AM
Is dit 'n gedeelte uit "Cupid en Psyche"?
Title: Re: Psyche
Post by: Fransi on February 09, 2012, 08:09:13 AM
Ja, ek het die gedig geskryf met die verhaal van Eros, Psyche en Aphrodite ( Eros/ Cupid se ma) in gedagte en hoe dit vandag nog waar is vir 'n huwelik. Nie net vertroue en eenheid nie, maar die verlaat van ouers. So baie huwelike vou, omdat die verlaat nooit emosioneel plaasgevind het nie en sonder verlaat kan man en vrou nooit werklik 'n eenheid, of gesin van hulle eie word nie.
Title: Re: Psyche
Post by: PM on February 09, 2012, 08:14:25 AM
Dankie vir die mooi uitleg Fransi.  Die "verlaat" is nie 'n maklike proses nie, maar dit is broodnodig.
Title: Re: Psyche
Post by: Fransi on February 09, 2012, 08:43:24 AM
Dit is so waar. Miskien is dit hoekom die slimmes sĂȘ dat die eerste 7jaar van 'n huwelik die moeilikste is?  Ek is nog nie so lank getroud soos ek dink baie van julle hier nie, ( ek dink ons gaan nou vir ons sewende jaar) maar hoe langer ek getroud is hoe lekkerder word dit vir my. Hoe inniger voel dit en ek dink hoe meer afhanklik raak 'n mens van mekaar. So, ja, dit is beslis 'n proses. :-)
Title: Re: Psyche
Post by: PM on February 09, 2012, 09:24:53 AM
Ek voel ook so. Hierdie jaar sal ons 42jaar getroud wees.  Ons is al aan die heup en die borskas vas. Lees al mekaar se gedagtes.  :icon_biggrin: Ek wil nie 'n dag sonder my liefie wees nie.
Ek weet sommer dit sal so met julle ook gaan.   :love7:
Title: Re: Psyche
Post by: Fransi on February 10, 2012, 01:37:51 PM
Dankie PM, ek hoop en glo regtig so.

42 Jaar is "wow" en 'n genade.
Title: Re: Psyche
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 12:52:06 PM
Fransi - Andre en ek is Mei maar eers 3 jaar getroud - nog baie sakke sout om saam op te eet om by PM en Hannes se 42 jaar te kom ne ...

jou gedig is treffend en raak diep aan die hart
Title: Re: Psyche
Post by: Fransi on March 05, 2012, 07:25:09 AM
Baie dankie Ah Willa.

Gelukkig maak die meeste sakke sout 'n mens net sterker en meer 'n eenheid. Ons het nou juis weer een wat na ons kant toe gegooi is.

Ons was juis die naweek by my skoonsus se troue en het toe sommer deurgery na my sussie en ouma-hulle toe. Hulle was Sondag 62 jaar getroud.
Title: Re: Psyche
Post by: PM on March 05, 2012, 03:52:47 PM
Dit is wonderlik! 62 jaar!

Ek het weer jou gedig gelees en dit is treffend.
Title: Re: Psyche
Post by: Fransi on March 05, 2012, 05:44:00 PM
Dankie PM