Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on February 08, 2012, 10:29:08 AM

Title: Skaaf weer
Post by: Fransi on February 08, 2012, 10:29:08 AM
 :hello:
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on February 08, 2012, 05:07:56 PM
Ek weet nie of ek reg lees nie, maar dit wil my laat snik.   :crybaby2: Kan jy asseblief 'n verduideliking kom plaas Fransi.
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on February 08, 2012, 05:45:16 PM
PM, die meeste van ons het mos maar dinge wat gebeur het wat in die donker ure van die nag weer by jou kom spook en waar jy dit weer intens voel. Asof dit nou net gebeur het.
Die gedig gaan daaroor as jy dit wyd lees, maar spesifiek gaan dit oor verkragting.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on February 09, 2012, 05:38:19 AM
Dit is hoekom ek wil snik.  Hierdie gedeelte spreek ook boekdele.

en jou nalatenskap
met kru vetkryt
weer gestalte gegee.
Title: Re: Die donker elf
Post by: Meraai vannie Baai on February 09, 2012, 07:24:34 AM
Woordloos stom  :crybaby2:
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on February 09, 2012, 07:48:22 AM
Dankie Meraai.

Dankie vir jou fynlees PM.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on February 09, 2012, 07:50:49 AM
Soms vra ek maar, julle woorde neem my op wieke wat my ver uitspoel. 
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on August 07, 2012, 08:29:45 AM
 :hello:

Ook Boek 2. Asseblief en baie dankie.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on August 07, 2012, 04:12:09 PM
Ek het gou 'n paar oomblike gesteel om te kom drink by die fontein.  Dit voed my siel en ek kan nie help nie, maar elke keer as ek dit lees dan wil ek huil en die krieweltjies kriewel so onder my vel.   :notworthy:
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on August 07, 2012, 04:54:57 PM
Dankie PM. Ek dink dit is seker die mooiste kompliment wat jy kan gee. Ons hoop mos maar almal dat ons werk ander sal raak. Veral wanneer jy oor iets geskryf het wat 'n sensitiewe onderwerp is.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on August 07, 2012, 08:02:43 PM
Ek leef myself so in julle werk in.  Fransi jou skryfwerk praat altyd met my.  Dit is asof jy dit spesiaal net vir my geskryf het.  Soms ruk dit my net tot stilstand!  Soms het ek so hoendervleis dat dit my dae neem om my gedagtes weer "op die grond" te kry. 
Ek geniet julle skryfwerk so baie, ek weet nie hoe dit sal wees as ek nie meer kan kom drink by die fontein nie.  Glo my vry, in hierdie dae het ek dit broodnodig!
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on August 08, 2012, 08:01:18 AM
 :hello:

Dankie PM en dit is so waar. Om deel te kan wees van so 'n lieflike en talentvolle groep is 'n seën. Soms laat iemand hier se woorde my nadink, saamvoel, lig dit my op en soms bied dit afleiding en 'n lekker lag.

Ek wens net inniglik dat ek wanneer ek van almal se einas hoor, werklik kon help of dit wegtoor- die lelik mooi maak en weer opbou.

Nog baie stywe drukkies vir jou en mag hierdie moeilike tyd julle net nog nader aan mekaar bring, sodat julle eendag saam skertsend hierna kan verwys.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on March 18, 2013, 01:23:14 PM
En nou drink ek en ek drink, want ek is besig met boek 2 en geniet almal se werk weer van vooraf. 
Title: Re: Die donker elf
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2013, 05:15:00 AM
Jy kan nie so alleen drinkbaar wees nie dierbare matertjie, skuif op en hou jou glasie. Ek skink vir ons en hou jou geselsskap want ek is nou so droewig na ek weer hierdie seerseerverse van Fransi gelees het, dat ek nie kan waag om alleen te wees nie  :crybaby2:
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on March 19, 2013, 07:57:02 AM
Dankie vir julle twee.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on March 19, 2013, 09:45:50 AM
Ek het net vanoggend, nadat ek so laat geslaap het, hier voor die tikkertjie gesit en gewens en gewens ek kon julle altwee langs my hê om te help besluit watter prentjie is die beste.  Fransi het darem vir my mooi uitgewys wat sy by wat wil hê, maar die ander moet ek self soek en besluit en dit is moeilik. 
Met elke ander skrywer se werk ondergaan ek 'n gedaante verwisseling. Ek probeer om my in daai skrywer se skoene plaas en ek slaag nie altyd nie.  Dus seg ek, help my reg as jy sien ek val uit die bus uit.

 
Title: Re: Die donker elf
Post by: Fransi on March 19, 2013, 12:35:06 PM
Dit sou nou baie lekker gewees het om saam te kan sit en prentjies kies. :-) Dit laat my dink aan my studentejare. Wanneer ons 'n temapartytjie gehou het, het ons meisies plakkate en prentjies vir dit gemaak. Daardie saamsit en kreatief wees was feeste. Dankie PM, ek waardeer jou harde werk en kreatief/individueel kyk inniglik.
Title: Re: Die donker elf
Post by: PM on March 19, 2013, 12:58:13 PM
en ek sou wat wou gee om dit saam te doen.  Pak jou goed en kom my maatjie!