Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Trapsoetjie on February 03, 2012, 01:05:50 PM
-
Het ons amper sonder krag gesit die naweek. Ek het nie enige kennisgewing gekry waar hulle al die masjiene gaan "offline" tot Maandag nie.
Nou ek is nie baie oplettend nie. Veral nie by kyk hoeveel krag is daar nie. Ek los dit gewoonlik tot dit klap dan onthou ek Oooo JA ek moes nog krag gekoop het. Wel gisteraand so 7h00, net 5 "units" of is dit eenhede oor. Toemaar sal later gaan, kyk gou my storie klaar, toe volg die volgende een en so gaan ons deur tot na 9 uur. Oma besluit sy sal gou ry en vir ons krag kry.
Oma en Sus ry. Na 'n tydjie, is hulle terug met die geld nogsteeds in haar hand. Geen krag tot Maandag word daar gesê, nou ja. Yskaste gaan moet oor geswaai word na Gas ek het 'n gas stoof. So reken ek vroegoggend oor hoe om deur die naweek te kom sonder skade.
Oma staan ook toe vroeg op, sy gaan gou kyk of daar nou krag is. Gelukkig vir ons was daar.
Hopenlik sal ek nou leer om te kyk...(glo nie :toothy4: )
:angel12:
-
:icon_biggrin:
Dit het ook al met ons gebeur by een van die vorige huise- met iemand wat kom kuier het. Gelukkig kon my man toe op die ou end krag by 'n garage koop en was die die kuiergas 'n ou vriend wat ons verstrooidgeit goed ken. :-)
-
Ons bêre maar altyd 'n "noodstrokie" in die meterkassie vir die wis en die onwis. Ons het net 'n gasstoof, die ander goed hulle soek hom die lektriek! :icon_biggrin:
-
Gelukkig het ek in Desember baie gekoop. Sondag net gou nog bietjie by gesit.
Die Weskaap het die ergste deurgeloop onder geen prepaid krag.
En by my seun-hulle wag hulle tot die laaste eenheid gebruik is, dan wil iemand gou 'n kers soek of 'n flits om die sleutels te soek en 'n paar rand om te gaan krag koop. Intussen sit almal en staar vir die donkerte.
Maar dit kan nogal heel lekker wees as jy nie baie yskaste en dinge het nie.
Braaivleis, kersies, spookstories onder die boom in die tuin, stout wees agter die struik en niemand sal eers 'n bietjie weet nie.. lekker. Sit net eers die honne in die garage voor jy struike toe stap.
-
Wou nog se, ek koop sommer online. Baie beter. Nie nodig om nog te loop of ry na 'n plek en hulle vertel vir jou dis offline. Soos by P&P.
Dan wil ek sommer wild raak... soos my Ma sal se.
-
Ek weet nou nie. Daar boe in die Transvaal kan jy koep wanner jy wil! Dit is nou te sê as jou rekening op datum is. Vir die laaste elf maande het ons 'n stryd met een huis! Ons het 'n voorafbetaalde meter laat installeer, April verlede jaar. Elke maand stuur hulle vir ons 'n "vooruitgeskatterekening". Dit is so lagwekkend dat jy nie 'n meter kan bekom voordat jou HELE rekening opbetaald moet wees nie. Volgens ons stadsraad skuld ons hulle al oor die R15.000.00
Hannes was al 20 keer daar en steeds kan niemand die "probleem" oplos nie. Hulle blok net eenvoudig die meter en jy sit sonder krag! Die een is so oningelig as die ander!
Help!
-
Ek het ook nou gehoor van die aanlyn storie. Jy moet tog vir my die WWW gee, ek sal dan ook eerder so koop. Dit sal vir my baie beter uit werk. :icon_salut:
:angel12:
-
Trappies, ek doen die online banking ding en koop dan sommer van daaraf.
Sommer omdat ek dit net hier kan doen in my pajamas en omdat ek nie goed is met die queque-stanery nie.
Het 25jr in die bank gewerk en my sommer vererg as die kliente kla oor lank in 'n queue staan. Nou is ek self die klient. Maar ek het die oplossing daarvoor.
Maak self rekening oop online. Bestel kaart en hulle moet dit by my werk kom aflewer.
Ek het bietjie gesukkel om 'n Share Investment rekening oop te maak, toe stuur ek sommer net daar - online - vir hulle 'n e-pos en woerts skakel die makelaar my 'n dag later en weer 'n woerts toe is die rekening oop en hulle kan sake verder vat.
Oor die algemeen het ons nie probleme met krag nie. Dit is sommer net nou die afgelope paar dae dat die Weskaap so erg deurgeloop het.
PM, moet nou nie dink ons gaan Transvaal toe trek net omdat julle nie probleme met krag het nie.
Ek bly net hier en steek 'n kersie op.
-
Ag nee! Daar vang jy my uit! Wat SAL nodig wees om julle almal daar bo in die Transvaal te kry?
-
Solank die Kaap Hollands is kry jy my nie in Zululand nie. Ek weier om in daai slaggat te trap.
:icon_bigsmurf:
-
Nou dan kan my maar pak - djy sie my lanie, die Kaap is lank nie meer Hollands nie. :icon_biggrin:
-
En die Swartland is lankal nie meer in Malmesbury nie. Die ou Transvaal is besig om sy (slag)gat te sien. Nee wat die Kaap is nog Hollands. (Trappies is nog hier.)
:icon_bigsmurf:
-
En ek ook! :icon_biggrin:
Dit is werklik 'n uitdaging om selfoonkontak te maak. Ons het nou die simkaart vervang Naas, maar welis waar, jy dink nog jy praat met iemand dan is jy lankal afgesny.
Lox en Adéle, ons was nie onbeskof nie, dit is net die diens waarvoor jy betaal wat nie verantwoord nie. Jammer julle, ons probeer later maar weer.
Ek het ook gedink dit is die hoogste bome wat die meeste wind vang, (op die 12de verdieping) maar dit lyk vir my of iemand iewers gelieg het! :icon_biggrin:
So, die selfone hier bo is sonder krag! :icon_biggrin: