Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 31, 2012, 12:51:45 PM

Title: Jona
Post by: adele on January 31, 2012, 12:51:45 PM
Jona

Een oggend vroeg het Jona die rooidag gaan groet
en daar het God hom langs die pad ontmoet.

Na sy vyandstad, Nineve, moes hy dadelik gaan
om te vertel dat hulle hul sonde moet laat staan.

‘n Nuwe lewe wou Hy aan die Nineviete gee
maar Jona het weggevlug oor die Middellandse See.

Hy het sy hand opgelig en ’n woeste wind het begin loei-
stormgolwe het die skippie doelloos rondgegooi.

Angsbevange en biddend het matrose die skip probeer red
terwyl Jona rustig en sielsalig, vas aan die slaap was op sy bed.

Later het die kaptein hom daar onder opgespoor
en so het almal toe van sy Almagtige God gehoor.

Oorboord is hy; al biddend afgesak in die water
waar ’n groot vis hom gered het, ja, drie dae later!

Uiteindelik het hy bekering in die stad gaan preek
maar gehoop dat sy SkepperGod hom nog op hulle gaan wreek.

Op 'n heuwel het hy hom toe gemaklik gaan maak.
God het ook ’n rankplant oor hom laat waak

maar die volgende oggend het Hy ’n wurm gestuur-
die plant het verdroog en Jona moes weer ongerief verduur.

Hy het gekla en gemor en homself doodgewens
maar die God van die Hebreers het hom gewys dat die mens

tog baie meer werd is as ’n komkommerplant;
so ook die baie diere op Nineve se land.

 :grommit:
Title: Re: Jona
Post by: PM on January 31, 2012, 01:55:32 PM
Dit is werklik 'n mooi gedig.  Pas dit nie dalk by die vorige gedigstruktuur nie Annie?
Title: Re: Jona
Post by: adele on January 31, 2012, 02:02:09 PM
watter struktuur, vriendin?
ek het nie enige ene in gedagte gehad nie?

 :grommit:
Title: Re: Jona
Post by: PM on January 31, 2012, 06:16:25 PM
Kyk onder gedigstrukture by Didactic.  Dit klink vir my of jou gediggie daar kan pas, dalk het jy 'n prentjie nodig, maar ek is seker Raaitjie sal kom draai en verduidelik.

Raaitjie, sal my "Njalas" nie ook hier inpas nie. (Dit is in die boek.)
Title: Re: Jona
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2012, 12:59:30 AM
Didacticism is an artistic philosophy that emphasizes instructional and informative qualities in literature and other types of art. The term has its origin in the Ancient Greek word διδακτικός (didaktikos), "related to education/teaching." Originally, signifying learning in a fascinating and intriguing manner.
 
Yet the intention of didactic art was to present a profound lesson, not merely to entertain. Didactic plays, for instance, were intended to convey a moral theme or other rich truth to the audience.


*http://en.wikipedia.org/wiki/Didacticism

Ons kan julle gedigte hieraan 'meet' en dit wil my voorkom of albei gedigte voldoen aan die education/teaching vereiste   :book1:
Title: Re: Jona
Post by: PM on February 01, 2012, 06:58:11 AM
Baie dankie ou staatmaker.   :love7:
Elke keer as jy daai boekie so agtertoe gooi, dan "lees" ek, "klaar gepraat!"  :icon_biggrin:

Is mal oor jou gediggie Annie.  :icon_salut: