Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on January 29, 2012, 06:10:26 PM
		
			
			- 
				In die skadu 
 van die robot
 sit sy gatrus wydsbeen.
 Leë papierbord
 gevul met bedelwoorde
 in aasvoëlkloue vasgeknyp.
 
 In die skadu
 van die robot
 trap my skuldgevoel rem…
 Gly my menswees
 tot skreeuende stilstand
 teen die aanval op my meegevoel.
 
 In die skadu
 van die robot
 skyn die rykdom deur haar oë.
 Wanneer nog ‘n jammerhart
 Haar niksdoenbeursie
 onverdiend met aalmoes vul.
 
 In die lig
 van die robot
 val die skille van my geestesoog,
 skuif my lewe
 weer in eerste rat…
 Slaan my lewenslig weer groen.
 
 In die lig
 van die robot
 los ek my beursie toe,
 los ek haar agter,
 wyl my skuld-trompetter
 gatrus wydsbeen in my skedel verstil.
 
 © Naas
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Ongelooflik goed geskryf!  :notworthy: 
 
 Daai Skuld-trompetter, moet bietjie minder petter, as jy vir almal 'n niks werk aalmoes toe dien, staan jy lang haar by die pilaar en staan jy bekend as  :icon_bigsmurf: die beddelaar.
 
 :angel12:
- 
				Pragtig geskryf.  Kry ek kouerillings wat maak dat my gedagtes, in die skadu van die robot, rondomtalie draai.
			
- 
				 :hello:
 
 Regtig baie goed geskryf.
 
 Ek het al gewonder as 'n mens al die rande wat 'n mens so weggee bymekaar sit, hoeveel dit sal wees en of 'n mens dit dan nie eerder maandeliks vir bv. kinderhuise ens. kan gee nie.
- 
				Ons was laas naweek in Somerset wes omgewing. Onder by die Lord Charles verkeerslig staan 'n jongerige wit man met haai siestog plakkaat wat hy vashou, iets van nie werk nie en nie kos nie ens.
 
 Gelukkig? is die lig vir my groen.
 
 Kuier 2 dae later by 'n vriend wat daar naby die plek woon.
 
 Vertel hy:
 
 Een of ander kerk groep het die man daar gaan optel, hom kos gegee, nuwe klere, blyplek gereël, hy kry ontbyt en aandete en 'n werk. Hy het 'n week gewerk.......toe los hy als, sy woonplek, werk die etes als los hy om weer te gaan staan met plakkaat. Die rede: hy verdien meer om te bedel as om te werk.
 
 
- 
				sjoe! wat 'n goeie woordskildery, klaar geraam ook.
 
 :grommit: