Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on January 25, 2012, 02:06:42 AM
-
Met die Liefdesmaand wat nou vinnig nader kom en die winkels en vensters en harte pink begin verkleur om later bloedrooi te skyn, kan ons almal 'n paar liefdesgedigte plaas.
Ek is seker ons het elkeen 'n gedig of twee wat erens in 'n skoenboks of laai le van toe ons nog smoor- en oor ons ore verlief was op George Clooney of Brad Pitt of Pamela en kie.
:love7:
Sal ons so doen?
-
Ek dink dit is 'n uitstekende idee en ek wil dit sommer gryp vir 'n digkompetisie. Ek praat en praat net, nou gaan ons dit doen! :hello2:
Die kompetisie sal gratis wees en net lede van die forum mag deelneem.
Ek sal 'n afdeling skep vir "Digkompetisie."
Tema: Liefde
Om dit regverdig te maak stuur almal hulle gedigte na my toe pm@afrikaanseforum.co.za
Ek plaas dit naamloos en elkeen kan stem.
Afrikaans, Engels of Nederlands.
Pryse? Gee kans, ek sal dit kom aankondig.
Datum: Tyd tot einde Februarie. Dit sal die 29ste wees. :icon_biggrin:
Op julle merke, gereed, gaaaaaannnn!
-
:hello:
Pm, hoveel gedigte mag ons vir jou stuur of moet ons net een stuur vir die kompetisie?
-
Julle mag soveel stuur as julle wil.
Ockert de Bruyn van Cairoo Education het vir ons twee pryse aangebied.
Die eerste prys is 'n Besigheidsbestuur, intreevlak MBA, ter waarde van R6000.00.
Die tweede prys is 'n MS Office selfstudie kurses ter waarde van R2000.00. Hy sĂȘ, tot ek, sal dit onder die knie kan kry. :hello2:
Hartlik dankie Ockert, ons waardeer dit opreg.
-
Hemeltjie, my kop is so voos.
En die liefde is so ver verby, ek weet nie eens meer hoe dit voel nie. Sal maar my moet verbeel. En dis 'n fout.
PM, dankie aan Cairo. Dit is wonderlike pryse.
-
Jy sal maar die spinnerakke moet afstof matertjie. :icon_biggrin:
Ek dink ook dit is gawe pryse en is dankbaar vir Ockert se ondersteuning.
-
Enige prys wat jou kennis kan vermeerder, uitbrei of vernuwe is vir my ook baie goed. Baie dankie.
-
Cairoo doen wonderlike werk met opleiding vir kinders ook. Hulle programme is maklik om te gebruik en hulle is altyd besig met opgradering.