Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 06:41:33 AM

Title: Gevreetboekie se vertaling
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 06:41:33 AM
Gister plaas ek 'n kommentaar by Meisiekind op FB en toe sy loer daarna sien sy maar daar is nou onderaan 'n vertalingsfunksie by. Nog nooit voorheen gesien nie. Loer ons en sien op geen ander plek die funksie nie. Loer later op al wat tikker is, almal wat kan die teken in en loer.

 :toothy4: Wou iemand bitter graag weet wat skryf 007 en ons spoeg en plak toe die kommentaar en vertaling. Geen Engelsman sou kop of stert in alle gevalle kon uitmaak LOL!

My kommentaar aangehaal uit wat my suster op 'n familie dvd gese het: ...."meraai hol rond soos mal maketesie en ou Souf moet babagoed pak..." oi joi joi waar is die dae toe myse ou suster nog 'geleef' het met haar humorsin wat ons almal laat knyp het :) ...

Toe wou iemand dit bitter graag vertaal en toe lyk my komtaar so:
"meraai hollow around soos mal maketesie and Souf ou must baba good suit ..." oi joi joi where is that dae to myse ou suster ' geleef ' with her humorsin what all us knyp let the:)
Title: Re: Gevreetboekie se vertaling
Post by: PM on January 20, 2012, 06:49:44 AM
Issie Engels nie man, is Grieks!   :icon_biggrin: Dis te kostelik!  :icon_biggrin:

Verlede week het ek so geswoeg deur vertaalde werk te probeer ontsyfer.  Wanneer gaan mense besef dat jy nie 'n "vertalerprogram" kan gebruik om die vertaling te doen nie.  Die ding kan mos nie "dink" en "verstaan" nie. 
Title: Re: Gevreetboekie se vertaling
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 06:57:42 AM
Dit is so waar wat jy skryf! Mens hoef net iets so direk te wil vertaal om Grieks te ontdek hehehe!!
Title: Re: Gevreetboekie se vertaling
Post by: Trapsoetjie on January 24, 2012, 09:09:33 AM
 :evil6: Dis oulik. Nou weet ons dat die Ingelse nie onse goed sal kan lees nie, so mense skinder voort... :evil6:

 :angel12: