Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on January 16, 2012, 02:39:53 PM
-
My eerste werk was op ‘n Lemoenplaas maar die voorman het suur geword vir my.
Toe kry ek werk as ‘n takbestuurder maar dit was te afgesaag na my sin.
Na dit het ek probeer om klere te maak maar ek het nie ‘n steek daarvan verstaan nie.
By die bandemaatskappy het ek twee weke gewerk voor ek spore gemaak het.
My volgende werk was as ‘n braaier by ‘n “Steakhouse” maar dit was bo my vuurmaakplek.
Toe word ek ‘n Psigiater maar my pasiente se probleme het my mal gemaak.
Word 'n proffessionele fietsryer maar die spanbestuurder het gese ek moet trap.
Ek het dit oorweeg om ‘n haarkapper te word maar het nie die styl daarvoor gehad nie.
Toe probeer ek ‘n kok word. Het gedink dit sal bietjie geur aan my lewe gee maar dit het ook platgeval.
Toe maak ek ‘n Deli oop maar ek moes my ham te dun sny.
Musikant was ook nie betalend nie want die note was vals..
Ek word toe ‘n Oogdokter maar kon nie gefokus bly nie.
My werk as dokter het my ook nie die nodige inspuiting gegee nie toe moes ek dit ook ent.
Toe gaan werk ek in ‘n skoenfabriek maar kon nie ‘n tree vorder nie.
Wou ‘n onderwyser word maar ek is nie reg geskool nie..
Visvang klink toe reg vir my maar die net inkomste was te laag.
Al uitweg was om ‘n heks te word maar ek het te veel gebrou.
Kry toe ‘n goeie werk by ‘n swembadfirma maar ek is gefire oor ek droog gemaak het.
Aanvaar pos by die dieretuin. Moes die kameelperde kos gee maar ek het kort gekom.
Wou toe ‘n sekretaresse word maar die baas het my gevang tik.
Ek was baie gelukkig as seiljagvaarder maar dit was ‘n gejaag na wind.
As elektrisien het dit goed gegaan maar die kragtoevoer was skokkend en dienste is kort kort onderbreek.
Word ‘n tuinier maar alhoewel ek die geld ingehark het wou die werk nie op my groei nie.
Toe word ek ‘n komediant maar die mense het my vir ‘n grap gevat.
Na lang gesoek besluit ek om ‘n historikus te word maar ek het na ‘n rukkie besef die werk het nie ‘n toekoms nie.
Het iemand dalk vir my iets wat sal werk want ek het nie werk nie.
:icon_bigsmurf:
-
O goeiste, ek dink jy moet werk aan 'n vakansie. Al daai werk laat my moeg.
:angel12:
-
:sign10: Maak nie saak wat ons vir jou vind om te doen nie, jy sal 'n uitweg vind. :icon_biggrin:
-
:toothy4:
jy kan 'n veldwagter word maar moet dan nie laat die norse buffels jou die hasepad laat kies nie.
:grommit:
-
Ek sê mos, maar ek wil ook nou nie vir Naas na 'n nikserd laat klink nie, maar waarmee hy nou besig is sal hy 'n kwinkslag vir elke pos vind! :icon_biggrin:
-
Ek wou 'n veearts word maar kon nie hond haaraf maak nie en weet daarvan net so min as 'n kat van safraan.
Het grafte gegrawe maar my gat gesien.
Toe wou ek gaan jag maar het tekort geskiet.
Apteekwese probeer maar na drie maande 'n oordosis van pille gehad.
As boemelaar het dit maar broekskeur gegaan.
Het my PDP gekry en begin taxi ry maar die pad byster geraak en kop aan kop met die gereg gebots.
Begin installeer toilette maar ook daar het ek die pot mis gesit. Probeer toe maar baddens installeer maar een of ander vuilgat het die prop op my getrek.
Van sokker speel het ook niks gekom nie want ek het die doel gemis.
:icon_bigsmurf:
-
Die ander risiko van onderwyser wees is dat baie jou dan vir openbare onsedelikheid wil arresteer...
-
Baie goed gedoen Naas, bring nog! Ek geniet dit! :icon_biggrin:
-
Het ook vir Avery gewerk en skale herstel maar ek was te lig bevind.
Slotmaker was ook nie my sleutel tot sukses nie toe besluit ek om dit te los.
Het opleiding ontvang om 'n hangman te word maar wou nie my nek daarin waag nie.
Treindrywer het ook nie gewerk nie want ek het die spoor byster geraak.
Skape opgepas maar my lam geskrik vir die ooievaar.
Toe word ek 'n sterrekyker maar na drie nagte was ek met die maan gepla.
Sluit aan be die transportryers maar kry die trekpas oor ek nie kon handel dryf nie.
Was 'n matroos maar alhoevel ek eers goed gevaar het het daar 'n storm oor my kop losgebars en ek het gesink omdat ek nie die mas kon opkom nie.
:icon_bigsmurf:
-
Ek wonder waar is 007 met die woordmandjie?
Naas, dit lyk vir my na 'n uitstekende onderwerp vir boek twee.
-
:wave: :book1: :notworthy: op die oomblik besig om te gaps vir bewaring, my tone krul om hehehhehe :icon_biggrin:
-
Oom Naas het hom so opgewerk oorlat hy nie kon werk kry nie dat hy nou heeltemal opgehou werk het. Hy is nou 'n pensioenlosenaris.
Van Pensioen gepraat. ESKOM se probleme het begin toe Oom Hannes op pensioen gegaan het.
:mumum:
-
Shoe ja, hy lag nou lekker in sy mou.