Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 05, 2012, 08:23:04 PM
-
In jou siek, siek wêreld
vol sielsgestremdes,
onvervuld
en wanaangepas,
dwaal jy spookagtig rond,
vreet pervers aan haar onskuld,
laat kindwees windverskeurd
die afgrond intuimel,
en soos 'n rotsskets
is jou wellus in haar geheue
verewig.
-
Hi Adele,
Ek het nog nie 'n gedig gelees oor hierdie onderwerp wat so treffend is nie. Werklik.
Dit is 'n wenner.
Vertel waarom jy 'rotsskets' gebruik en nie 'rotstekening' soos dit algemeen gebruik word nie.
My 'Ster Verdof' gaan oor dieselfde perverse handeling, maar deur 'n vrou.
-
Sjoe, hierdie woorde gryp 'n mens vas en ruk jou. Hartverskeurend geskryf.
-
Dit is hartroerend mooi geskryf Adéle. :notworthy: Kort, kragtig, maar spreek boekdele.
-
haai dankie baaaie julle :hello:
ek het oorspronklik 'potloodsketse' in my gedagtes gehad en toe gesoek na sketse wat nie uitgewis kan word nie, dit is waar hierdie vandaan gekom het. :icon_scratch:
:grommit:
-
Dit gee die woord "ge-ets" soveel meer betekenis Annie.