Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 01, 2012, 11:10:23 PM

Title: Vlinderjaar
Post by: adele on January 01, 2012, 11:10:23 PM
Vlinderjaar

'n Nuwe lewe
se fyn vlerkies het ontvou
en skaamsku na sonlig gesoek,

gestrek om in die ruising
van die môregloed
soos sydrade te droog.

Op haar eerste vlug versigtig
haar vlerkskarniere se krag
en sterkte te toets,

gedwarrel deur die tuin
van liefde en hoop
en asemsnak-opgewondenheid

waar rose in diep geur
en elke skeppingskleur
dorings van vrees verberg.

Vreugdelik haar lewe
in lentekleureprag
tot volmaaktheid geniet-

soms verdof deur stof
vanuit die velde droog
in draaiwinde uitgeswaai-

en by die twaalfuurgrens
‘n nuwe geboortejaar
vol hoop en liefde omhels.
Title: Re: Vlinderjaar
Post by: Angelica on January 02, 2012, 07:09:05 AM
Ek hou van die 'twaalfuurgrens'.
Presies wanneer die sirkel voltooi is en die nuwe weer gebore word.
Title: Re: Vlinderjaar
Post by: PM on January 02, 2012, 07:26:25 AM
Vlinderjaar, 'n pragtige titel en 'n mooi gedig Adéle.  Goed geskryf en ek kan niks fout vind nie.
Title: Re: Vlinderjaar
Post by: Naas on January 02, 2012, 09:19:06 AM
Vlinders bly maar een van my gunsteling insekte. Ek geniet altyd ons uitstappies na Butterflyworld in Klapmuts.
Baie mooi verwoord.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vlinderjaar
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 01:01:16 PM
Jou title het my getrek - Vlinderjaar vrolik en vol hoop en dit het jy kom verwoord in jou prag gedig
Title: Re: Vlinderjaar
Post by: adele on February 20, 2012, 06:57:10 PM
dankie julle ek is so bly jul kom loer in.

 :grommit:
Title: Re: Vlinderjaar
Post by: Fransi on March 05, 2012, 07:13:21 AM
 :hello:

Pragtig geskryf.