Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on December 30, 2011, 03:29:29 PM

Title: Elle se Wense ..
Post by: Angelica on December 30, 2011, 03:29:29 PM
Aan almal hier op die Forum:

My wense vir jou is 'n nuwe jaar vol gepak met vrede en hope liefde van jou familie en vriende en mag jy alles ontvang wat jy nodig het.

Seenwense
Title: Re: Elle se Wense ..
Post by: Naas on December 30, 2011, 03:59:56 PM
Ek wil darem ook vir almal hier 'n gesonde en prettige 2012 toewens.
Mag al julle base se nuwejaars-choklits gevul wees met lakseermiddel sodat hulle julle die eerste maand van die jaar uitlos.




 :icon_bigsmurf:
NS: Ek weet myne gaan. Ek weet myne gaan.
Title: Re: Elle se Wense ..
Post by: PM on December 30, 2011, 06:52:26 PM
Baie dankie EllĂ© en Naas.  Mag julle nuwe jaar ook gevul wees met vreugde en vrede. 

Wens ek ook so vir elke een wat hier inloer.

Laat al die nare dinge van "gister" agter oujaarsdag se gordyn en laat 2012 vir julle net "gesondheid" (vir liggaam en siel) inhou.   :love7:
Title: Re: Elle se Wense ..
Post by: adele on December 30, 2011, 09:09:27 PM
mag julle volgende jaar die mooiste wees tot dan.   :love7:   geniet 'n heerlike naweek, kuier as julle kan, ek het nou weer hierdie week besef hoe heerlik 'n kuier saam met wonderlike vriende kan wees, sjoe!! ek sukkel nog om slaap in te haal, was vanoggend maar lekker moeg.    :coffee2:   doen darem wondere (soms)    :toothy4:

dankie Hannes, Petra, hoop om julle gou weer te sien. dalk andere ook daar by julle...
   :grommit:   
Title: Re: Elle se Wense ..
Post by: PM on December 31, 2011, 10:24:25 AM
Ek is vanoggend soos 'n stem wat eggo in die gange.   :icon_biggrin:  Spreek die datum dan maak ons die "re'nlings".