Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on April 30, 2011, 05:12:33 PM
-
Daar was ‘n tyd
toe dit sleg gegaan het met jou.
Ek was daar om jou te help dra.
Daar was ‘n tyd
toe ek jou nodig gehad het,
maar ek moes self die mas opkom.
Ek kan nou nog
nie op jou knoppie druk nie nê,
want jou lewe is te besig.
Ek moet als doen
sonder jou gewensde hierwees,
dus, ek skryf jou nou af, totsiens.
-
dus, ek skryf jou na af, totsiens.
Ek is seker da was 'n vingelglippie hier gewas. Die "na", is dit "nou" of "ma"
Flippie... Ek sal weer moet kom kuier voor jy my heeltemal afskryf. (Jy besef natuurlik dat afskryf onwettig is in my beroep so moenie dat ek jou vang nie.
:icon_bigsmurf:
-
Dankie Naas. Ek was redelik ontsteld en toe maak ek 'n fout. Ek het dit reg gemaak.
Hierdie afskryf is nie daardie afskryf nie! :icon_biggrin: Vir jou skryf ek ook nie sommer af nie, ek pak net my laaste goed en stof nog vir oulaas af, dan "kom ek jou kuier".
-
Klink soos ek op 'n keer gevoel het om vir my ma te se,
maar nooit die guts gehad het nie ... en in haar op en af daar was vir haar ...
ai mens verstaan nie altyd nie - maar soms is ma's ook maar net stukkend :crybaby2:
-
Ek hou van die mooi verskoning wat jy vir haar aanbied.
My afgeskryfde het nie daardie verskoning nie. Ek het weer vergewe en weer probeer en toe maar weer afgeskryf. :icon_biggrin: "Once a looser, always a looser".
-
:angel8: