Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: PM on December 22, 2011, 10:09:55 AM
-
(http://i1188.photobucket.com/albums/z420/petronella6/Louisseleeuwelpie.jpg)
-
Skuus vir die groot en die klein foto'tjie maar die detail is vir my so goed gedoen dat ek dink dit is nodig.
Louis, dit is uitstekend gedoen, so lewensgetrou en daardie oë praat met my.
(http://i1188.photobucket.com/albums/z420/petronella6/Louisseleeuwelpie-1.jpg)
-
Awe dits heavy oulik gedoen!! nice!!!
-
Louis....
Pragtig. Ek weet nooit werklik watter woorde om te kies om my waardering vir jou talent uit te spreek.
-
:icon_salut: :notworthy: :love7: Fantabaloooslik Louis!!
-
Ek moes net daardie "groot oë" groot plaas. Dis is vir my werklik baie mooi!
-
So 'n gesiggie vra mos om aangeneem te word... Is hierdie kietsie steeds wees?
-
Ja watter woord om te gebruik ek stem. Ongelooflik mooi. Louis verkoop jy die sketse? :notworthy:
:angel12:
-
Daai oë is ongelooflik goed gedoen!
-
jis, ek waardeer regtig al die inloer en komtaartjies.
ek het nog nooit in my lewe iets verkoop nie.........gee mos alles net weg
van al die honderde tekeninge wat ek al gemaak het is hierdie paar al wat ek het, en dis seker omdat hulle nog nuut is
ek het ook nie rerig n benul van die waarde van sulke goed nie
miskien sal iemand my nog eendag wakker klap
-
Louis, ek het dieselfde probleem. Gee ook te maklik weg. En elke keer as ek nog 'n ietsie vra vir 'n skets, voel dit of ek steel. Ek sal ook graag wil weet hoe die ander hieroor voel.
-
Ek dink nie daar is genoeg geld in die wêreld om te betaal vir so 'n "liefdesgeskenk" nie. Ek noem dit so omdat dit uit die kunstenaar se hart kom.