Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: PM on December 17, 2011, 09:21:44 AM

Title: Gawelina se kunswerk
Post by: PM on December 17, 2011, 09:21:44 AM
Gawelientjie, as jy vir my foto's van jou kunswerk kan stuur sal ek dit vir jou in jou eie plekkie plaas.  Jou sketse is ook pragtig.
Title: Re: Gawelina se kunswerk
Post by: Angelica on December 18, 2011, 07:45:07 AM
Gawie,  plaas daardie sketse ook hier.
Ek het hulle al op FB gesien, maar hier op ons Forum sal dit beslis vir ons vreugde bring, girl.
Please.
Title: Re: Gawelina se kunswerk
Post by: Gawelina on December 18, 2011, 07:08:24 PM
As ek Louis se goed so kyk, weet ek wraggies nie of ek myne wil plaas nie.  Dis nie naastenby goed genoeg nie. Ek sal miskien van my gunstelinge vir PM stuur.
Title: Re: Gawelina se kunswerk
Post by: PM on December 19, 2011, 07:56:38 AM
Gawie, dit is mos nou nie nodig om so vroeg in die oggend skoor te soek nie?   :icon_biggrin:
Daar is niks fout met jou werk nie en elke kunstenaar se werk val in 'n ander kategorie, so, almal se werk is pragtig.  Deel dit asseblief met ons. 
Title: Re: Gawelina se kunswerk
Post by: Meraai vannie Baai on May 02, 2012, 07:21:44 AM
Oe julle, ekke geniet onse juffie se strepies van die eerste ene tot die laaste. Het die voorreg gehad om haar te sien groei .... en haar bydraes in ons boek is so prrragtig kleurvol.  Die potloodsketse is gekoester vir iewag enne biekie. Elkeen kosbaar vir my  :love7:
Title: Re: Gawelina se kunswerk
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 04:40:32 AM
Gawelina as my ou verfkwasie net so goed saam gewerk het soos joune, so ek my lyne vir die hele wereld gewys het ...

laai daai prentjies!!!