Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on December 17, 2011, 07:44:16 AM
-
http://www.dieburger.com/By/Nuus/Drie-wyse-manne-maar-watter-wyse-manne-20111215-2
Dit is met 'n swaar hart dat ek hierdie artikel lees.
Ek wil so graag stilstaan, en bly, by die verhaal van Jesus se geboorte wat ons ken en wat ons aan ons kinders oorgedra het.
-
Geskryf deur, mense vir mense. Vertaal deur mense, vir mense.
Sy kan die vertalings uitmekaar trek. Ek sal graag wil weet of die vertalings van die 10 gebooie korrek was. Dis al gedeelte van die Bybel wat vir my belangrik is.
Ander ding wat my tans aan die dink het is die ontdekking van 'n planeet met presies dieselfde omstandighede en sanmestellings as die aarde.
Sou daar lewe op die planeet wees ontstaan die vraag: "Wat word van die skeppingsverhaal in Genesis?"
:icon_bigsmurf:
-
Sou daar ander planeet soos die aarde wees met mense op..... of wesens met siel gees en liggaam dan glo ek dieselfde sal vir hulle geld as vir ons. Hulle is ook deur God geskape en daar sal ook 'n sondeval wees, want die duiwel sal hulle ook nie wil uitlos nie en Jesus sou vir hulle ook gesterf het vir hulle verlossing.
Dis maar hoe ek dink en glo.