Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on December 16, 2011, 05:28:24 AM
-
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-Haai-hoe-oulik-20111216
Sjoe... nice ouens.. ag ek bedoel haaie.
Louis, plaas daardie foto's van jou kompetisie-vangste vir ons.
-
Ek moet met jou saamstem oor die
ouens haaie. Beslis 'n tweede kykie werd. :icon_biggrin:
-
Een van die dae pas ek ook in een van daai haaivelle wat die manne dra dan kom paradeer ek daar vir jou Gawie.
Die Naas wat hier tik is nou al amptelik 13kg minder as die een wat jy laas gesien het. Daai mannetjies met hul haaie gaan maar sukkel om die lyf te klop... :color:
:icon_bigsmurf:
-
Louis, stuur die foto's, ek sal dit vir jou plaas, dan begin jy solank spaar vir die nuwe boek. :icon_biggrin:
Naas, dit is fantasties. :hello2:
As ons totale boek 1.2 kg weeg het jy al elf boeke afgeskud! :notworthy:
Jy is 'n wenner! :headbang:
-
Sjoe! is daai boek so swaar? Sal ekstra versterking in my koffietafel moet inbou. Gelukkig le hier 'n spul ou metaal rond.
Nog so paar kg'e en daar's plek vir nog 'n ou oppie bank.
:icon_bigsmurf:
-
Nou maak jy die pap darem dik aan Naas. As jy regop sit is daar meer as genoeg plek vir nog iemand! :icon_biggrin:
Ek het die laaste kopiee in 'n koevert terug gekry van die omslagdrukker af. Hulle het dit nodig gehad om die rugkant te meet, of is dit nou die "spine"?
Ek het dit so in die koevert op 'n vleisskaal geweeg, 1,195 om presies te wees. Hoeveel die omslag weeg sal ek nou nie weet nie, die koevert maak seker op daarvoor. Ek moet ook byvoeg dat die afdrukke nie "getrim" is nie, die wit kantjies is nog daar, dus mag dit dalk 'n bietjie minder weeg as dit "getrim" is, maar dan kom die gom van die binders nog by. Sal eers presies kan sê wanneer ek 'n gebinde boek in my hand het.
Elf boeke teen die werklike koste gemeet teen R850.00 per boek is nogal 'n klompie in Rand hoor!