Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: PM on December 14, 2011, 10:23:22 AM

Title: Louis se pastelkat
Post by: PM on December 14, 2011, 10:23:22 AM
(http://i1188.photobucket.com/albums/z420/petronella6/Louissepastelkat-1.jpg)
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: PM on December 14, 2011, 10:25:02 AM
Louis, dit is asemrowend mooi!  Werkik kunswerk om op trots te wees.  Soveel detail!  Dit is pragtig! 
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: Fransi on December 14, 2011, 10:39:15 AM
Dit is handeklap mooi gedoen.

Wanneer jy met pastel werk, gebruik jy ook die potlood pastelle en watter kleur agtergrond gebruik jy gewoonlik?
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: Louis on December 14, 2011, 11:47:10 AM
dankie vir julle komtaartjies.
Fransi dit is my eerste poging met pastel en dit is op n gewone A3 sketsblok gedoen. omdat dit nog vir my nuut is het ek maar n goedkoperige sagte pastel stafies gekoop. ek het gesien daar is allerhande kleur agtergronde en teksture te koop vir pastel maar dit sal ek miskien n annerdag probeer.
Die teken gogga het nou eers weer so liggies begin byt na ek amper 20 jaar laas geteken het en ek sal probeer in sy pad staan sodat hy behoort bytplek kry. Dit is ook die eerste keer dat ek diere teken en ek geniet dit nogal.
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: PM on December 14, 2011, 12:53:09 PM
Dit is werklik mooi en ek weet dit is nie 'n grap om met pastelle te werk nie.  Waterverf is nog eens erger. 
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: Angelica on December 14, 2011, 07:28:47 PM
Hi daar Louis, woorde ontbreek om te vertel hoe pragtig dit is.
En die feit dat dit my geliefkoosde kat is, maak dit nog meer spesiaal.
Sal jy asseblief viervoetig vassteek voor daardie bytgogga dat hy jou nooit weer los nie?
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: Fransi on December 15, 2011, 07:43:31 AM
 :hello:

Eerste poging met hierdie medium en dit kom so besonders uit. Werklik baie goed. Ek hoop ook die gogga se byt is permanent.
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: Gawelina on December 15, 2011, 10:39:09 AM
Louis, dis pragtig! Moenie weer ophou nie.  Ek het hierdie week vir die eerste keer probeer om kleur in my potloodsketse te sit.  Het A3 skets van my boetie gemaak en toe die agtergrond met oliepastelle ingekleur. Nodeloos om te sê, dit was 'n groot flop.  Ek sit nou moed en bymekaar maak om 'n skets in kleur aan te durf. 

Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: Fransi on December 19, 2011, 09:41:21 AM
 :hello:

Sterkte Gawie en ek glo dit gaan baie mooi lyk. My kunsjuffrou het altyd gesê dat daar nie 'n prent is wat geflop het nie, slegs een waaraan 'n mens nog moet werk. :-)

Ek verstaan beslis die moed bymekaar maak. Ek sukkel weer om goed klaar te maak. Wanneer ek so driekwart ver is, is ek nie net doodmoeg vir die prent nie, ek is ook vrek bang dat ek met die laaste gedeelte gaan aanjaag en dan was al daardie ure se werk pure verniet. My amper voltooide transformasie-skildery is juis al 'n jaar oud.
Title: Re: Louis se pastelkat
Post by: PM on December 19, 2011, 10:03:47 AM
Julle is regtig baie oulik.  Ek het 'n prentjie op die eerste bladsy in die boek gesit, want ek wou nie 'n wit bladsy hê op die voorblad se agterkant nie.  Later toe kry ek 'n skets wat Fransi gedoen het,(skuus Fransi, ek weet nie wat 'n mens dit noem nie) toe is ek so jammer dat ek dit nie eerste ontdek het nie, want ek sou dit eerder daar wou gebruik.  Dalk volgende keer nê?

Kan ook nie wag vir die volgende boek nie,  hier gaan nou kunsskatte uitspring wat skrik vir niks nie. 

Die laaste week het ek my besig gehou met die "verfyning" van ons "logo".  Daai boekdraertjies is darem baie vaag.  Nou is ek so te sê klaar daarmee, en sodra hier weer 'n slim ou opdaag wat my kan help, vervang ons daardie met die "beter" een.