Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on December 13, 2011, 05:56:53 AM

Title: Waar die 'Kuikens' gaan trou...
Post by: Angelica on December 13, 2011, 05:56:53 AM
http://www.breedeescape.co.za/

Die venue waar my twee kuikens gaan trou.
Die kamp word vir die naweek bespreek.  Vanaf Vrydag-aand sal die trou-fees begin.
Saterdag die troue met die onthaal by die venue en daarna gaan die fees voort in die kamp tot  Sondag wanneer almal weer vertrek.
My broer sal die tweetjies trou.

Hoekom het ek skielik 'n knop in my keel en 'n nattigheid in die oog?
Title: Re: Waar die 'Kuikens' gaan trou...
Post by: Lox on December 13, 2011, 07:35:45 AM
nou weet jy hoe jou ouers gevoel het toe jy gaan trou het. My skoonma het so oor haar dogter gevoel. Ek kan gelukkig sê ek en my skoonouers het nooit vas gesit oor enigiets nie en hulle het ook nie hulle neus in ons sake gesteek nie.

hehe dink ek nou aan iets anders......
Title: Re: Waar die 'Kuikens' gaan trou...
Post by: PM on December 13, 2011, 08:49:23 AM
Dit lyk na die ideale plek en ek is sommer skoon jaloers dat ek nie daar kan wees nie.
 
As jy dink jou ogies raak nou nat en jy het 'n knop in jou keel, dan moet jy maar sorg dat jy genoeg sneesdoekies byderhand hou.   :icon_biggrin:
Dit is 'n groot mylpaal in enige moeder se lewe.  Ek glo dat alles goed sal verloop.
 
Die volgende mylpaal is daardie kleinkind.  Toe grootouers vir my vertel het dat 'n mens daardie pienkvoetjies liewer het as vir jou eie, was dit moeilik om te begryp, maar dit is die heilige waarheid.   :love7:  Groot groot vreugde. 

Hou hierdie  (((((((((((((Ellé)))))))))))) drukkie vir daardie groot groot oomblik as die emosies "dik" raak by die troue.   :love7:
Title: Re: Waar die 'Kuikens' gaan trou...
Post by: Angelica on December 13, 2011, 08:05:48 PM
Dankie... ek weet ek gaan 'verlore' voel, maar ek kry 'n baie oulike  dogter by.
Ag, en hulle bly net so 3km van my af.
Lox, moeilik om soms nie iets te se nie,  veral as die hond op die bed slaap en die kat haar opkrul op die handdoek.....
Title: Re: Waar die 'Kuikens' gaan trou...
Post by: PM on December 13, 2011, 08:28:11 PM
Ag toe, 'n skoonma van vele het ek al geleer!  Hou jou neus uit die kinders se sake!  Hulle kan maar hul eie probleme hanteer en jy het nie nodig om van jouself "enemy no. 1" te maak nie.  Hulle sal so met die tyd leer!   :icon_biggrin:  Dit gaan hulle 'n rukkie neem, maar dit is hulle probleem!


Title: Re: Waar die 'Kuikens' gaan trou...
Post by: Fransi on December 14, 2011, 08:02:28 AM
 :hello:

Dit lyk na 'n pragtige plek om te kan trou. Mag hulle baie gelukkig wees.