Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on December 11, 2011, 08:41:14 AM
-
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/2-in-kar-Wats-die-bohaai-20111210
Dit gaan my verstand te bowe dat 'n moeder haar kinders baie van die tyd in 'n motor toesluit en gaan inkopies doen.
Hierdie twee babas was byna dood en sy skop 'n herrie op oor die BMW se ruit wat stukkend geslaan moes word om haar twee babas te red!!!
Hoe siek en verkramp kan jy wees?
Sal sy die tyd in die polisie-sel gebruik om haar sotlikheid te oordink?
Hierdie tyd van die jaar is dit nie net slagtings op ons paaie nie, maar baie kinders wat of mishandel word of sterf, veldtogte ten spyt.
-
Dis totaal onmenslik. Sulke mense verdien nie om ouers te wees nie.
:icon_bigsmurf:
-
Lae lak! Ek hoop sy kry haar verdiende loon.