Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on April 27, 2011, 03:41:10 PM

Title: In die koelte van jou berg
Post by: Gawelina on April 27, 2011, 03:41:10 PM
In die koelte van jou berg
wil ek so graag kom rus.
my uitstrek in jou grot
en die eggo’s van jou stem
teen jou kranse hoor.

dorstig wil ek drink van
strome koel lafenis.
teen jou veldreuk lyf
my liggaam saggies vlei,
die reuk van vars grond
indrink tot die pyn verdof
en ek verdwaal in jou
varingrand, poelblou oë.

voer my die vrugte van jou lippe
teen skemeraand
lê my neer op sagte mosvloerbed
maak my dan jou feëprinses
en wees my woudprins
vannaand.
Title: Re: In die koelte van jou berg
Post by: PM on April 27, 2011, 04:36:07 PM
Ek geniet jou werk.  Dankie dat jy dit kom deel. 
Title: Re: In die koelte van jou berg
Post by: Naas on April 27, 2011, 04:39:54 PM
So bly my maatjie se werk is ook hier.
As ek so na jou en die ander werk hier kyk moet ek begin uithaal en wys. Ek kom goed vyfde op die oomblik.




  :icon_bigsmurf:
Title: Re: In die koelte van jou berg
Post by: Fransi on June 15, 2011, 10:21:24 AM
Werklik besonderse broosmooi beelde en versugting.