Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on December 04, 2011, 07:32:42 AM

Title: Jozie se Karretjiemense....
Post by: Angelica on December 04, 2011, 07:32:42 AM
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Een-se-rommel-ander-se-brood-20111203

Hier is 'n hele paar woonstelblokke in die straat waar ek bly. 
Soggens, op die dae wat vullisdromme uitgesit word, is dit 'n gekrap en gesoek in daardie swart dromme na enigiets wat ge-aas kan word.
Die ouens staan sommer net daar en eet en ghloeg-ghloeg uit die bottels voor hulle na die volgend drom gaan.
Ek weet dat restaurante alle oorskietkos weggooi eerder as om dit vir die haweloses te gee.  En die rede hiervoor verstaan ek ook. Dit gaan weer oor diefstaf van personeel.
Bestaan daar 'n 'beweging' wat oorskiet kos, nou nie uit die borde van aansitters, kan gaan optel en dit na 'n sentrale punt kan neem en so hongeres  te kan voed?
Kan so-iets begin word?
Hoe is dit moontlik dat ons, die hoogste vorm van lewe, soos 'n scavanger vir sy daaglikse stukkie brood moet soek?

En soos ek altyd se:  HOU OP KLEINTJIES KRY!!  Jammer, maar dit is waarop dit neerkom.  Die aarde is oorbevolk en kan net nie meer voorsien nie.
Title: Re: Jozie se Karretjiemense....
Post by: PM on December 04, 2011, 02:08:56 PM
Daar is werklik 'n fortuin te maak uit afval.  In baie lande in die wêreld word huishoudings van vyf dromme voorsien.  Papier, plastiek, glas, blik en vullis.  Dit word weekliks verwyder.
In NZ kry elke straat 'n kans om alles wat hulle nie meer wil hê nie, buite hul erf te pak.  Enige ander inwoner kan vat wat hulle wil hê en na die week word die res deur die stadsraad verwyder.  As jy nie meer 'n item wil hê nie, pak dit buite, voor jy weet is dit weg. 

In Shina betaal jy erg belasting op die tweede en derde kinders.  In SA kry jy R250.00 per maand per kind totdat hulle 18 jaar oud is.   :dontknow:
Title: Re: Jozie se Karretjiemense....
Post by: Naas on December 04, 2011, 03:00:17 PM
Dias die reine waarheid daai PM.
Ons was gister weer daar in Riebeeck-wes. Wat 'n pragtige skoon plekkie is dit nie. Nie eers 'n sigaretstompie op straat nie.
En raai wat?
Hulle het nie 'n vuilgoedgat (dump) nie. Hulle het 'n herwinningsaanleg. Ek het daar verbygery en met my eie ogies gesien hoe inwoners (Welaf mense) hulle afval staan en sorteer in die verskillende houers in.
En op die plein in die middel van die dorpie 'n ry houers. Duidelik gemerk vir verskillende tipes afval.
Wat 'n wonderlike voorbeeld stel die mense nie vir ons nie?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Jozie se Karretjiemense....
Post by: PM on December 04, 2011, 07:59:54 PM
Naas, ek dink al geruime tyd daaraan.  "n Mens kan net jou houers by restaurante en kroegies gaan opstel en jy sal duisende blikke en bottels bymekaar kry.  In Valhalla is daar 'n kerk wat geel plastieksakke uitdeel aan elke huiseienaar.  Een keer per week kom haal hulle al die ou koerante en afval papier, soos melkhouertjies en kartonnetjies.  Hulle onderhou die hele jonglede daarmee. 
Hierin lê 'n klein, of is dit 'n groot, fortuin. 
Ek sal met die grootste liefde al my afval sorteer en dit in verskillende houers gaan "dump". 
Dan sien ons ook, wanneer ons gaan tuinafval aflaai, hoeveel mense is daar wat die verskillende items in sakke bymekaarmaak.  Hulle het 'n groot probleem om daardie items by die handelaars uit te kry.  As 'n mens 'n vervoermiddel tot hul beskikking kan stel, is dit 'n suksesstorie.