Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Louis on December 03, 2011, 07:44:12 PM

Title: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: Louis on December 03, 2011, 07:44:12 PM
LEER ENGELS

LES EEN - BEGINNERS
Drie hekse beskou Swatch horlosies. Watter heks beskou watter horlosie?

Vertaal - lyk dit so
Three witches watch three Swatch watches. Which witch
watches which watch?

LES TWEE - GEVORDERD
Drie geslagsomgekeerde hekse beskou drie Swatch horlosies se
skakelaars. Watter geslagsomgekeerde heks beskou watter Swatch
horlosie se skakelaar?

Vertaling
Three switched witches watch three Swatch watch switches. Which
switched witch watches which Swatch watch switch?

LES DRIE - HOOGSTE VLAK
Drie Switserse hekse wat begeer om n geslagsverandering te
ondergaan, wil drie Switserse Swatch horlosiesskakelaars sien. Watter
 Switserse heks, wat wens om n geslagsverandering te ondergaan,
beskou watter switserse swatch horlosieskakelaar?

Vertaling
Three Swiss witches, which wish to be switched witchbitches, wish to
watch three Swiss Swatch watch switches. Which Swiss witch which
wishes to be a switched Swiss witch, wishes to watch which Swiss
Swatch watch switch?

MAAK NOU AL DIE KNOPE IN JOU TONG LOS EN PROBEER WEER N KEER
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: Angelica on December 04, 2011, 07:35:15 AM
Whaaa.... pfffrrrtttt. My tong, (of is dit my brein?) wil dit nie doen nie.
Heerlike stukkie om met jou vriende langs die braai te deel wanneer hulle al 'n brandewyntjie of twee in het.
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: Naas on December 04, 2011, 07:52:49 AM
 :sign10: Wha ha ha ha. Nie as jy self 'n pramfientjie in hettie... Ha ha ha.
seelrekkel uon saw tiD.




 :icon_bigsmurf:


Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: Angelica on December 04, 2011, 08:21:00 AM
Naas, wat's met die geheime kodes? Giggles.
Stem, was lekker lees vanoggend.
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: PM on December 04, 2011, 09:07:02 AM
Shuut, moenie die Swiss witchbitches steur nie, hulle sal jou tong knoop!
Dankie vir die deel Louis, dit was vet pret.   :icon_biggrin:
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: Naas on December 04, 2011, 10:22:44 AM
Vra maar vir PM. As my grysmassa die oggend geklits raak praat ek in trurat. (En dit het geen konneksie met boontjiesop nie hoor.)



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: PM on December 04, 2011, 12:43:50 PM
Ja, dit is 'n fees as Naas hier kuier.  Wens net ek kon die hele klompie van julle hier bymekaar kry.
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: Angelica on December 04, 2011, 02:40:45 PM
Hemeltjie, dis Desember en ons het nie 'n braainaweek by Paternoster aan die gang nie.
Ek mis dit.
Eendag sien ons mekaar dalk (weer).
Title: Re: hoe goed is jy met vertaal?
Post by: adele on December 04, 2011, 09:50:16 PM
Lekker tongknoper. Van daardie goed wat net in een taal gebruik kan word, in hierdie geval Engels. Ons sĂȘ so maklik iets kan net in Afrikaans wees...