Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Lox on December 03, 2011, 06:29:28 PM
-
vir sommige dalk interessant
van waar kom ons vrugte
http://www.mieliestronk.com/vrugtegesk.html
-
en iets oor wyndruiwe cultivars
http://www.wynsa.co.za/index.php?page=5
-
Dankie Lox!
Baie interessante artikels.
Groente: Nou wie sou nou kon raai ons eet daagliks 'ingevoerde' kosse?
Ek wil ook 'n ekspert in wynproe word. Waar kan ek aanmeld?
Lox, ek wil gaan soek vir jou wyn in die wyn-afdeling. Noem die labels (as jy wil...).
-
As jy lief is vir rooiwyn kan jy gerus Lox se "studente-pakkie" "grand woord vir
dooswyn :icon_biggrin:
probeer. Goeie waarde vir geld.
-
Glimlag ek nou vir die 'studente pakkie' .
Het ook al die een gehoor: 'Arm man se briefcase'. Kom uit die Vlakte uit. Baie oorspronlik.
Ek weet nie eens wat Lox se wynkelder se naam is.
Gee dat ons dit met die volgende braai kan skink en drink.
-
Ons kelder se naam is Badsberg
Ons wyne is nie algemeen in die handel beskikbaar nie maar jy sal dit wel in die Ultra drank winkels kry. Sover ek weet is dit net die bottelwyne en nie die 3 liter sub B tassie nie.
http://www.badsberg.co.za/
http://www.facebook.com/pages/Badsberg-Wine-Cellar/107611734549
ek hoop jy kry iewers en geniet dit
ons lewer ook landwyd met koerier af indien jy by die kelder bestel.
-
As studente het ons die bokswyn op die suiwer afrikaanse naam van "dooswyn" geken. En as die dominee saamdrink het ons die wetenskaplike naam van "Viné De La Conté" gebruik. Frans vir "dooswyn".
Latoes (laat oes) is my gunsteling dooswyn.
:icon_bigsmurf:
-
Nou-ja, dit is al laataand en die 'Contessa' (Mev.Dominee) wie se man eintlik met "elecrtricity" Mr.Contelectricty" te doen het, en wil saampraat oor "dooswyn", wat eintlik niks met electricity te doen het nie, gaan nou slaap, goed gerooiwyn, of is dit nou dooswyn? Sorteer dit maar uit, ek is nou vodde! Lekker slaap!
-
Oh my word.... Sub A tassie.. en daai franse conte something.
Die party raak nou rof en onbeskof.
Ek gaan soek vir daardie wyntjie, Lox en as ek dit nie kry nie, gaan ek by die kelders bestel.