Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on April 27, 2011, 03:35:42 PM

Title: Motreënverlange
Post by: Gawelina on April 27, 2011, 03:35:42 PM
die traandruppel onthou
daar teen my versterruit
laat my dink aan jou
en aan ‘n motreëndag
net soos vandag.

ons twee wat kaalvoet
in die poele plas,
jou opgewekte lag,
arms gestrek na bo
asof jy die druppels
teen jou bors wil vou.

die druppels op my wange
wat blinksag na jou roep.
jou warm asem in my nek
toe jy dit met jou tong aflek.

arms, styf om my lyf gevou
‘n vrolike rondomtalie draai.
die polsende druppel melodie
van ons motreën liefdesdans.

Die modderkoekies, reënvreugde,
traandruppel onthou
daar teen my vensterruit,
laat my dink aan  jou...

Ek onthou
Title: Re: Motreënverlange
Post by: PM on April 27, 2011, 04:32:24 PM
Ritsel die hoendervleisies so oor my lyf.  Dit is so mooi.   :icon_thumright:
Title: Re: Motreënverlange
Post by: Gawelina on April 27, 2011, 05:03:19 PM
Hierdie is loshande my gunsteling gedig.
Title: Re: Motreënverlange
Post by: PM on April 27, 2011, 05:19:43 PM
Ek wens ek het geweet wie die be-oordelaars vir die Woeskompetisie is en waarna hulle kyk.  Ek het al op 'n paar plekke gelees wat die normale vereistes is.  Ek gaan 'n onderwerp begin dan bespreek ons dit.