Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Lox on November 30, 2011, 05:54:00 PM

Title: innerlike vrede
Post by: Lox on November 30, 2011, 05:54:00 PM
As jy die dag sonder koffie kan begin;

As jy altyd opgewek is en die pyne en skete ignoreer;

As jy mense nie met jou klagtes verveel nie;

As jy elke dag dieselfde kos kan eet en dankbaar bly;

As jy kan verstaan dat die mense vir wie jy lief is, waarskynlik te besig is om aandag aan jou te gee;

As jy kritiek en beskuldigings sonder griewe kan verduur;

As jy spanning sonder mediese hulp kan oorkom;

As jy sonder alkohol kan ontspan;

As jy sonder slaappille kan slaap……….

 

Dan is jy …

 

 
WAARSKYNLIK DIE GESIN SE HOND!!
Title: Re: innerlike vrede
Post by: PM on December 01, 2011, 06:13:34 AM
O hallie ha!  Ek wou sê, by punt een het ek al gevoel hier is 'n stryd wat ek gaan verloor.  
Title: Re: innerlike vrede
Post by: Fransi on December 01, 2011, 09:05:19 AM
 :icon_biggrin: of die kat...  :icon_biggrin:
Title: Re: innerlike vrede
Post by: Angelica on December 01, 2011, 07:46:25 PM
Whaaa....  nie eens die twee pappegaaie voldoen aan hierdie beskrywing nie.
Hulle is hopeloos te vol geite.
Het julle al gesien hoe hulle kos uit hulle bakke gooi as hulle nie daarvan hou nie?
Wat oulik is, is wanneer ons op 'n ander plek is en gesels, dan 'hallo' 'hallo' hulle uit hulle blyplek...
Ai, waar gaan draai ek alweer...
Title: Re: innerlike vrede
Post by: PM on December 02, 2011, 07:09:03 AM
Dit is altyd vir my kostelik om hier op die forum te sien hoe een gedagte of onderwerp, uitsprei in 'n heel ander rigting.  Dit is vir my 'n natuurlike proses en ek geniet dit.  Ons sit tog nie om 'n tafel en kuier en praat die heeltyd oor een onderwerp nie.  
Ek gee ook nie om as iemand net 'n woordjie of 'n kort sinnetjie los as hy/sy kom kuier het nie.  'n Spoortjie is beter as geen spoortjie nie.  

'n Mens kry 'n "katmens, 'n hondmens en 'n vogeltjiemens". Ek is 'n vogeltjiemens.  
Title: Re: innerlike vrede
Post by: Lox on December 02, 2011, 07:13:34 AM
my vrou is ook 'n voëltjie mens.
Title: Re: innerlike vrede
Post by: PM on December 02, 2011, 07:30:14 AM
Toe ons jonger was en nie so baie getoer het met Hannes se werk nie, het ons papegaaie, vinkies en Lovebirds aangehou.  EN 44 vistenks.   :icon_biggrin:

Nou is daar 6 vissies in die dammetjie en baie vogeltjies in die tuin.   :icon_biggrin:

Watter diere verkies jy Lox?
Title: Re: innerlike vrede
Post by: Chichi on December 27, 2011, 09:17:38 PM
hehe dits nog 'n goeie ene!!

ek dink my hondjie is gelukkig