Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on November 29, 2011, 01:23:58 PM

Title: …of sal die haat my insluk?
Post by: Trapsoetjie on November 29, 2011, 01:23:58 PM
Aardig gevoel wat deur my spoel.
Benoude klop houe.
Chaos wat deur my are woel.
Desnieteenstaande, my
eerbare mens wees,
fabelagtige voorbehou,
gegrond op vorige
hanteering van
ingeskrywe denke.
Jare lange toewyding,
klassifiseer ek myself as
liefhebbend.
Min wettende dat dit tot ‘n skok,
nietig verklaar sou word.
Oënskynlik ‘n klug was.
Pleks van geskok wees,
redeneer ek soos ‘n buffel.
Sou ek vergoed vir hom
totsien roep?
Uiting aan my selfsug
verdoem ek myself.
Weersin in hom
X-verban was toe nie my voorland nie.
Ywerig het ek aan die hoop vas geklou,
Zoem zoem, sal ek ooit weer ek wees?
 
                                      …of sal die haat my insluk?

© :angel12:
       
Title: Re: …of sal die haat my insluk?
Post by: Naas on November 29, 2011, 02:36:44 PM
Mooi alfabet gedig die Trappies. Het dit geniet.
Dis een gedig wat ek nog nie aangepak het nie. Jy sien, ek ken nie my ADC so goed nie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: …of sal die haat my insluk?
Post by: Angelica on November 29, 2011, 07:32:01 PM
Wow, het hiervan gehou.
Title: Re: …of sal die haat my insluk?
Post by: Trapsoetjie on November 30, 2011, 08:35:48 AM
Baie dankie julle, ek hou baie van die ABC styl. Dit gee my amper 'n gevoel van veiligheid. (as dit sin maak  :icon_biggrin:)
 :angel12:
Title: Re: …of sal die haat my insluk?
Post by: Fransi on November 30, 2011, 08:44:15 AM
Baie kreatief en intens geskryf en ja, orde of struktuur kan 'n mens veilig laat voel, want jy weet wat van jou verwag word of wat om te verwag. :-)
Title: Re: …of sal die haat my insluk?
Post by: PM on December 01, 2011, 05:52:33 AM
Pragtig Trappies.  Dit wil gedoen word!  Die hele ABC spreek van emosies wat wil weghol. 
Title: Re: …of sal die haat my insluk?
Post by: Trapsoetjie on December 01, 2011, 08:56:06 AM
Baie dankie dat julle kom loer het. Ek waardeer dit baie.
 :angel12: