Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on November 24, 2011, 11:24:13 AM

Title: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: Trapsoetjie on November 24, 2011, 11:24:13 AM
Ek het vandag weer met my oë gekoop!

Ek het vandag weer met my oë gekoop!
So word ek in geluk gedoop!
Plase hier en daar!
Prag natuur wat my aanstaar!

Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Sommer by DBV aangeklop en is in liefde gedoop,
perde wat liefde vra,
met oë wat loer en sê, vir jou sal ek op my rug dra.

Ek het vandag weer met my oë gekoop!
drome gedroom, met staproetes wat ons gaan loop.
Sien ek al die pragtige wild wat rond staan,
Renosters wat nie bang wegaan nie!

Ek het vandag weer met my oë gekoop!
‘n plekkie van mishoop,
is my paleis wat uit niks rys,
so gee ek aan my drome prys!

Ek het vandag weer met my oë gekoop!. . .

©   :angel12:
Title: Re: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: Naas on November 24, 2011, 07:07:16 PM
Ek het vandag weer in my grysstof verdwaal...
Saam met jou die perd opgesaal,
oor die vlaktes geloop en
jou lugkastele geverf.

Ek het vandag weer in my grysstof verdwaal...



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: PM on November 25, 2011, 09:50:27 AM
ek het vandag weer gewens ek was daar

om saam met jou plaas te koop
my voete in die mishoop te doop
tyd saam met jou te deel in jou kasteel
by jou riviertjie kleilat te speel
hand aan hand saam die staproete te loop

ek het vandag weer gewens ek was daar
om jou skapies te sien lam
koring te sny
'n bietjie by jou te bly
saam perd te ry en te roskam

ek het vandag weer gewens ek was daar
dan kon ons saam
onder die wilgeboom droom
van plase koop en kastele bou
van staproetes beplan
en handjies hou

ek het vandag weer gewens ek was daar


Title: Re: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: Angelica on November 25, 2011, 07:42:05 PM
Ek het vandag weer met my oe gekoop
winkels kruis en dwars platgeloop
by @Home het ek stil gestaan
daardie pragtige linne het my ogies laat traan

Ek het vandag weer met my oe gekoop
dwarsdeur die mall op my hakkies geloop
by Woolies het ek die Deli bestorm
sjoe, duur produkte daar is die norm

Ek het vandag weer met my oe gekoop
gevoel ek kan al wat 'n winkel is stroop
by Queenspark, o Queenspark het die manequin
'n heel nuwe mode aan haar voetjies begin

Ek het vandag weer met my oe gekoop
my twee beentjies amper stompies geloop
by Sterns is die mooiste Tanzanite ring
Ek wens my ridder wil dit vir my bring

Ek het vandag weer met my oe gekoop
by die motorhandelaar was ek genoop
om maar net deur die venster te vision
na die posh nuwe nommertjie.... Audi Ambition

Ek het vandag weer met my oe gekoop
by Wylandts het ek my vingers geknoop
dalk eendag sal ek 'n huisie besit
waarin ek al die pragtige meubels kan sit

Vandag het ek weer met my oe gekoop
die winkels van al die bling-bling gestroop
wens ek had ponde en dollers en nog wat
want dan kon ek die baas skop onder sy gat
Title: Re: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: Angelica on November 27, 2011, 05:56:09 PM
Sjoe, ek het vandag lekker met my oe gekoop...
Robertson Art Gallery het my beursie gestroop
van kamtige Ponde, Dollers en Rande
vir Pieter van der Westhuizen se werke

Title: Re: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: PM on November 28, 2011, 07:39:42 AM
Ek hou van die spontane manier waarop ons gereageer het op Trappies se gedig.  Ek hoop nie sy  :`ip2: ons sterte omdat ons so lekker hier in haar plekkie speel nie.   :icon_biggrin:

Kom deel 'n bietjie van sy werk Ellé.   :wave:
Title: Re: Ek het vandag weer met my oë gekoop!
Post by: Trapsoetjie on November 29, 2011, 09:12:12 AM
 :icon_biggrin: Nee wat  :`ip2: sal ek nie. Lekker saam julle gakoep!  :icon_biggrin: Ek kry sulke dae waar ek alles koop op die internet sonder 'n beursie ai dis darem te lekker.
Daar in die vlaktes, tussen niks en nerens. O  :love7:
Baie dankie vir die inloer ek waardeer dit baie.

 :angel12: