Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on November 24, 2011, 06:30:38 AM
-
Wat doen jy met negatiewe kritiek?
Gaan jy dit aanvaar of in die wind strooi?
Ek dink meeste van die tyd neem ons dit en maak dit ons eie.
Wat en wie ons is, is wat ander van ons dink. Wel, vir baie van ons. Ons weerkaats, eggo daardie kritiek en word wie ons nie werklik is nie.
Ons moet probeer om onafhanklik van ander se opinies - positief en negatief - te leef.
Ek aanvaar alles wat positief is en probeer om negatief om te draai sodat die situasie vir my iets kan beteken.
Vir negatiewe kritiek wat na my kant toe kom, draai ek my dikvel kant en dit bons terug tot by die persoon. Was nie altyd so nie, maar ek is nou klaar met die minderwaardige gevoel van 'ek is niemand, ek is niks, ek is lelik, ek is dit, ek is dat'. Absolute strooi om jouself te sien as minderwaardig en as jy nie deur jou kollegas, familie, die skinderbek niggie of die hoogmoedige skoonsuster en wie ookal aanvaar word nie is dit nie jy wat 'n probleem het/is nie.
Ons is almal pragtig en vol liefde en ignoreer mense wat ons wil afkraak. Punt.
-
Jy het 'n punt beet.
Ek het ook al die pyne gekry van ek is so en ek is dit ens. Het probeer my te verander, net om met 'n skok agter te kom die een wat die lelike goed vir my gese het eindlik van homself gepraat het. Nou gee ek ook nie meer 'n hel om nie. Ek hou van myself net soos ek is, foute en al. As ander nie kan nie is dit hulle verlies nie myne nie!
:angel12:
-
'n Mens moet jouself ken en weet wie en wat jy is. Waar lê jou goeie punte en waar het jy foute. (My bek is te groot en ek praat te maklik sonder om te dink) Ek weet dit en jy kan dit maar vir my sê, ek sal net harder werk daaraan en probeer om te verbeter, maar moenie vir my leuns vertel nie.
Dat ek nie my ma se mooiste kind is nie en die langste neus in die land het is ook die waarheid, maar my hart sit nie in my "looks" nie. As jy bietjie mollig is is dit net meer om lief te hê. As jy (soos Trappies) 'n bietjies te slank is, is dit net nog 'n rede om haar met 'n ekstra tjokkie te bederf.
M.a.w. jy mag net een kry, maar sy mag maar twee kry :icon_biggrin: en as jy lus is vir nog een mag jy maar, want jou hart sit nie in jou gewig nie.
Die probleem lê by "liefde". As jy werklik lief is vir iemand dan sal jy daardie persoon opbou en nie afbreek nie.
My gevoel is, mense wat jou loop en afkraak heeldag, is mense wat probeer om die kalklig op 'n ander te skyn, sodat sy eie gebreke nie so duidelik sigbaar moet wees nie.
-
Iemand lankal 'n groot wysheid kwytgeraak: dit wat jou pla in 'n ander is dikwels dit wat jyself mee 'n probleem het en dit weerkaats, daarom herken jy dit :icon_salut:
-
Dit is baie goed gestel.
Die ander ding is ook dat ons almal foute maak, dit is net nie vir almal beskore om dieselfde mate van vergifnis te hê nie. Om werklik lief te hê is om maklik te vergewe.
In ons boek het Adéle 'n mooi stukkie geskryf oor vergifnis.