Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on November 23, 2011, 06:59:36 AM

Title: zebra
Post by: Lox on November 23, 2011, 06:59:36 AM
het gister op 'n plaas gaan werk so 30 km van hier en na ek klaar was en uitgery het pad toe sien ek die zebra vulletjie.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/zebra.jpg)
Title: Re: zebra
Post by: PM on November 23, 2011, 07:04:13 AM
Dankie vir die deel Lox. 
Title: Re: zebra
Post by: Trapsoetjie on November 23, 2011, 11:46:52 AM
Te oulik, ek wil ook 'n plaas he  :crybaby2: Het nou al vir my 'n perd, maar nie plek waar ek hom kan hou nie  :icon_biggrin:
 :angel12:
Title: Re: zebra
Post by: Lox on December 11, 2011, 08:05:14 PM
Die vulletjie wil net aan als byt, wanneer ek naby aan die draad staan wil hy die kamera se band ook byt.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/zebrabyt.jpg)

Ek het Dinsdag weer in die dam gaan werk en toe weer paar fotos van die zebra  probeer neem.

Toe ek aangery kom sien ek hy is in die kamp langsaan en wei saam met 'n donkie en 'n ponie. Die donkie en ponie hou aan met wei toe ek stilhou maar zebra kom dadelik na die pad aangestap.
Die keer het hy 'n halter aan gehad.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/06hare.jpg)

en stil staan se voet

Op die foto hier bo is die berge in die agtergrond net so agter ons se plek.

sukkel om hom mooi af te neem



(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/03halter.jpg)

As jy mooi kyk kan jy sien die hare by die kop en nek is swart en die hare op die lyf bruin. Ek wonder of dit nie te doen het met sy jonkgeit en dat die bruin hare nog moet uitval en vervang word met swart hare soos op die kop nie.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/02halterbek.jpg)

Hier is hoe sy jas van naby lyk. die wit hare dunner en bruin hare dikker en wolleriger.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/01hare.jpg)


(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/03oog.jpg)
Title: Re: zebra
Post by: Trapsoetjie on December 12, 2011, 09:08:24 AM
Ag te pragtig. Sal hom sommer met liefde opvreet.
 :angel12:
Title: Re: zebra
Post by: PM on December 12, 2011, 11:49:51 AM
Is jy seker hy lag nie net vir jou nie?  Hê-hê, lyk net asof hy lag. 
Title: Re: zebra
Post by: Chichi on December 27, 2011, 06:04:17 PM
Kyk net hoe lank is daai wimpers!!!